NG Lynnwood Gemeente

'n Klomp van ons het Woensdagaand, 24 Februarie, worsbroodjies, mielies & koeldrank gaan uitdeel in Hatfield.  En hopelik het ons nie net kos nie, maar 'n bietjie liefde ook gaan uitdeel!  
Cecilia het vir ons George se storie vertel:
 

“Hêlo my nonnie.  Jy roep my George.  Ek‘s va Pietersburg.  Ek’s die painter, ek paint!!  Ek’t gakom by Pretoria va die geld.  Ma ek’t gaval my nonnie, bo va die ladder…kyk my voet, kyk die gat!  En kyk my kop my nonnie kyk!  Hierie new year, William, hy’t gakom metie klip en my somer so opi kop gaslat!!  Twelve stiches en stukende arm.  Ek’t die sament by die arm gahat…en by die voet! Met cruches het ek galoep!  Nou, ek kani mee paint, ek bly by die strat!!


“Ek’t ok oner die dak gaslap my nonnie vir ten years mar nou ek slap by die strat, net da boe!  Ek’t my bed wat ek sam my stoet en dan kry ek die goed wat ek kan vakoep.  Die yster, ek kry baie geld va hom!  Kyk my brand new shoes, gakoep met die yster sa geld.  Fifty nine bucks my nonnie, kyk my shoes! Wa kry ek die yster?  Hai my nonnie, ek gati vetel…ek wiet ek magi stiel ma ek moet iet.

 

“Ek gloe my nonnie, ek gloe ani God da boe!  Ma Hy’t va my vagiet die dag ek het gaval va die ladder…Hy’t va my vagiet my nonnie.  Ek’t ga loep by die church, every Sunday.  Ek’t ok gasing en gabid.  Ma nou my nonnie, eks ta vyl viri church…hulle jag va my weg, sê ek moet opi aner plek gat vra va geld.  Ek wil ok net sing en bid…


“Die ane dag, die mense vani church hulle bring va my die Bible.  Die Holy Bible. Ma hy’s in ingils, ek vastan hom nie, ek kan hom nie lies!  Ma ek pas hom op, slaap met hom oner my kop
dan voel ek safe!  My nonnie jy ka mos lies?  Ek gat hom gou hal, sal jy va my lies my nonnie, sal jy va my lies? 


“Kyk my nonnie, hie is al my belongings.  Jy kyk vaniet va die bottel, jy moenie judge…ek wiet ek moenie drink ma die spoke hy kom va my by die nag!  Ek moet die geld gabryk va die kos ek wiet, ek wiet ma die spoke hy gat kom soner die drank!  En jy hoefi te kômer, ek is net bietjie dronk…


“Hier isi Bible, lies va my iets!  Wat?  Het God va ons Sy sien gastier om ons sondas ta vagief?  Ma hukom my nonnie?  Omlat Hy va ons lief is?  Ma hoekom my nonnie, ek is dan nêks?  Ek bly by die strat…Nee my nonnie, Hy’t va my vagiet!  Ma ek gloe, ek gloe…va eendag! 


“Dankie va die kos my nonnie, vanand ek gat leke slap, my maag hy’s vol!  Jy moet moi loep my nonnie en onthou, God, Hy kyk va jou!  Hy sien va jou!  Hy loep samet jou! 


“Jy moet vi my kô hêlo sê.  Want ek…ek is nogstieds a painter, ek paint!!”


Daar is duisende mense daar buite soos George, elkeen met sy eie storie.  Dit is maklik om te judge met ‘n brood onder die arm.  Dit is maklik om te sê maar dis sy eie skuld as jy dit nog net maklik gehad het. 


Ek weet ons kan nie die wêreld in een aand verander nie maar met die Gees in ons harte en die Here aan ons kant kan ons dit doen stappie vir stappie…


Ons kan ‘n verskil maak al is dit net vir een mens op ‘n slag, soos vir George.  Ja hy is vandag nogsteeds op straat maar hy het gisteraand lekker geslaap want die kinders van God het vir hom kos gegee.  Hy sal dit onthou, want vir een aand het hy vol gaan slaap sonder spoke wat hom kom pla het.  Gisteraand, was hy weer ‘n painter…


En onthou…when you pour perfume on somebody else, you can’t help but to get a little bit on yourself!


(Geskryf deur Cecilia Vellema)


 

Tags: 24/7, 247

Views: 7

Hierdie gesprek is gesluit vir reaksie

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service