NG Lynnwood Gemeente

Ons orrelis dr Riaan Steyn, het 'n besondere ervaring gehad wat vertel wat 24/7 Christenweees beteken:

 

Hy gaan koop soms Sondae by SPAR van die lekker voorbereide kos.  Sondag vra een van die werkers of hy 'n priester is!  Hy antwoord beskeie dat hy nie 'n priester is nie maar wel vir die kerk werk.   

 

Die werker antwoord hom: "Yes, I can see your face is wearing God".  Dis asof sy gesig God soos 'n kledingsuk aangetrek het.  Mens sien God in sy gesig.

 

Ek dink dis wat 24/7 Christenwees beteken; dat selfs hoe ons inkopies doen, iets van God vertel! 

 

Dis eintlik aangrypend om te besef hoe ons lewens 'n verhaal vertel en 'n boodskap dra. Ek kry sommer hoendervleis as ek daaraan dink.

 

Mag jou gesig ook iets van God vertoon!

 

Tags: 247

Views: 11

Reaksie op Hierdie Gesprek

Dis baie mooi gestel...ek stem saam dat dit waar is van Riaan, mag dit ook van almal van ons waar word!
Alta Pienaar

RSS

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service