Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Kleingroepe en Bybelstudiegroepe

Inligting

Kleingroepe en Bybelstudiegroepe

Draers van Hoop: Die kleingroepbediening daag elke lidmaat uit om van vandag af vir 5 weke in te skakel by 'n kleingroep. Die tema is Hoop. In dié 5 weke wil ons in  kleingroepe bespreek wat ons hoop is en hoe ons kan help om in die gemeenskap 'n draer van hoop te wees. Kry 'n paar vriende bymekaar of nooi vreemdes na bestaande groepe. Deur ons stories te deel versterk ons mekaar en sien ons geleenthede raak. Indien u nuut is in die gemeente en by 'n nuwe groep wil inskakel, meld gerus aan in die oorportaal waar u aan groepe voorgestel word waarby u kan inskakel. 

Elke groep besluit self hoe, waar en wanneer hulle bymekaarkom. Kom vier die Lente se nuwe lewe met iets nuut!

GESPREKSRIGLYNE VIR KLEINGROEPE:

*** Draers van Hoop Week 1 Gespreksriglyn

***  Draers van Hoop Week 2 Gespreksriglyn

*** Draers van Hoop Week 3 Gespreksriglyn

*** Draers van Hoop Week 4 Gespreksriglyn

*** Draers van Hoop Week 5 Gespreksriglyn

Inligting: Andrew Hofmeyr 083 442 5388 of

andrewc@iafrica.com.

Lede: 5
Nuutste Aktiwiteit: Jan 6, 2016

Welkom by Omgeegroepe!

Bybelstudies

Maandae:

19:30 (A21- Jeugsentrum) - Johan Jooste.

Dinsdae:

08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) - Peet Crous 012 348 4004/079 893 5572. (Elke 1e, 3de en 4de Dinsdag van die maand.)

08:30 (Kapel) - Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959.

10:00  (Wissel van huis tot huis) Groep 3 - Erika van Wyk 082 773 6880 - Immanuel van Tonder (Elke eerste Dinsdag van die maand soos onderling gereël)

19:00  Jongwerkendes-Bybelstudie - meer inligting Ingrid Fischer 082 862 2405.

19:15 (Koinonia) - Immanuel van Tonder (Elke 2de en 4de Dinsdag van die maand of soos op die aankondigings aangedui.)

Donderdae:

09:30 (Lynnwood Oord) - Johan Jooste.

Vrydae:

08:15 (A21- Jeugsentrum) - Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959.

Omgeegroepe:

 

Kontak:  Andrew Hofmeyr 083 442 5388 of andrewc@iafrica.com

Alle Kommentaar

Kommentaar deur Immanuel van tonder op 20 Januarie 2015 om 7:43

Daar is 'n baie groot verskeidenheid kleingroepmateriaal beskikbaar by www.bybelmedia.co.za.

Een wat ek baie hoog kan aanbeveel is: Die vrou by die Put (daar is 'n leiersgids en 'n deelnemersgids)

 

Kommentaar deur Andrew Hofmeyr op 2 Februarie 2015 om 15:33

Blue like Jazz: Nonreligious Thoughts on Christian Spirituality deur Donald Miller

Waar pas ek in? Dit klink na ‘n onskuldige alledaagse vraag, een waarmee tieners worstel. Maar die vraag is so alledaags dat baie mense baie ouer ook daarmee worstel, veral sover dit kerke en die uitlewing van jou christenskap betref.  In ons omgeegroep het ons die boek Blue like Jazz van Donald Miller deurgewerk en by nabetragting is dit ook die goue draad deur die boek – die skrywer se soeke na waar hy inpas.

Soek ‘n mens op die internet na Donald Miller of Blue like Jazz kry jy ‘n hele paar brokkies inligting met strekkings so wyd soos die reenboog, van horison tot horison en die goeie Bybelse beginsel bly dus maar om alle dinge te beproef en die goeie te behou.

Die boek in eintlik maar ‘n klompie los vertellings van die outeur se wedervaringe en belewenisse tydens sy studentejare, waarskynlik met ‘n bietjie ryper perspektief as toe hy dit deurleef het. Dalk kan jy met van sy gewaarwordinge en ontdekkings identifiseer en dalk ook met sy eerlikheid.

Kassie

Kommentaar deur Immanuel van tonder op 6 Januarie 2016 om 16:52

Bybelstudies

Maandae:

19:30 (A21- Jeugsentrum) - Johan Jooste.

Dinsdae:

08:15 (Nerina Deale, Elveramstraat 51, Lynnwood Glen, 012 361 1896) - Peet Crous 012 348 4004/079 893 5572. (Elke 1e, 3de en 4de Dinsdag van die maand.)

08:30 (Kapel) - Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959.

10:00  (Wissel van huis tot huis) Groep 3 - Erika van Wyk 082 773 6880 - Immanuel van Tonder (Elke eerste Dinsdag van die maand soos onderling gereël)

19:00  Jongwerkendes-Bybelstudie - meer inligting Ingrid Fischer 082 862 2405.

19:15 (Koinonia) - Immanuel van Tonder (Elke 2de en 4de Dinsdag van die maand of soos op die aankondigings aangedui.)

Donderdae:

09:30 (Lynnwood Oord) - Johan Jooste.

Vrydae:

08:15 (A21- Jeugsentrum) - Eric Scholtz 012 361 4219/082 856 5959.

Omgeegroepe:

 

Kontak:  Andrew Hofmeyr 083 442 5388 of andrewc@iafrica.com

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Kleingroepe en Bybelstudiegroepe om kommentaar te lewer!

 

Lede (5)

Pages (1)

 
 
 

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service