NG Lynnwood Gemeente

Inligting

Mabopane

Groep vir die uitreik na Mabopane

Lede: 2
Nuutste Aktiwiteit: Aug 4, 2010

MABOPANE UITREIK
Opvoeding ("education") is die enigste manier om die siklus van armoede te breek

PROJEKTE: JULIE/AUGUSTUS

GOOD HOPE SHELTER
Mabopane Uitreik ondersteun hierdie tydelike huisvesting vir kwesbare kinders vanaf 2005. Vrywilligers van ons gemeente besoek die shelter elke Maandag. Dan word tafels gedek vir 'n middagete en 'n glasie koeldrank en lekkertjie word voorsien.
Gebedsversoek: Ons wil graag 'n spesiale middagete voorsien - 'n "city lunch"

KLEUTERSKOOL
Ongeveer 100 kleuters ontvang gehalte voorskoolse onderrig. Heelwat gemeentelede borg die bedryf van die kleuterskool dmv donasies. Gebalanseerde etes, 6 salarisse word maandeliks betaal. Die begroting beloop R16 000 per maand.
Gebedsversoek: Kos, finansiele hulp

GOOD HOPE BAKKERY
Clover SA lei 'n bakker op en borg saam met Mabopane Foundation VSA 'n klein bakkery. Die bakkery voorsien die Good Hope Shelter en die Kleuterskool daagliks van brood. Brood word ook verkoop aan die mense in die omgewing. Die bakkery bak koekies vir begrafnisse en troues en het 'n kontrak vir beskuit met Hatfield Christian Church.
Gebedsversoek: Borg 'n brood per dag en ondersteun die bakkery deur beskuit of koekies te bestel.

SOKKERSPAN
Mabopane projek se sokkerspan het laasjaar die mabopane/Winterveld liga gewen. Die span kan die nuwe seisoen na die volgende liga skuif. Een van die grootste leemtes van die "townships" is dat daar geen aktiwiteite vir jong mense is na die skooldag verby is nie. Ledigheid en swak sosio-ekonomiese toestande maak die jeug vatbaar vir die gebruik van afhanklikheidsmiddels en/of misdaad.
Gebedsversoek: Toerusting, klere, vervoerkostes, opleiding, aanmoediging en ondersteuning.

BYBELSKOOL
Morris Seema is deur 'n omgeegroep geborg om 'n 4 maande inwoon Bybelskoolkursus by te woon.
Gebedsversoek: Handsome - 'n Student met 'n hart vir die here en wie oor die nodige potensiaal beskik, wil graag die Bybelskoolkursus onderneem

YA BANA ("For the Children") VILLAGE
8 hektaar grond is met die hulp na Mabopane Foundation VSA gekoop om te ontwikkel.

Pleegsorghuise: Vir wees/kwesbare kinders
Die eerste 2 pleegsorghuise is in aanbou. Dit sal permanente huisvesting aan weeskinders verskaf. 'n Christelike opvoeding sal aan hierdie kinders gegee kan word. Hul sal met lewensvaardighede en 'n waardestelsel toegerus word sodat hul goeie, trotse burgers van ons land word.
Gebedsversoek: Ondersteuning deur kontakte/gawes of hart

Huise: (Vir gesinne in nood)
Vier families op Ya Bana Village eiendom moet hervestig word. Alternatiewe behuising moet voorsien word. Hierdie families kan as "gesinne in nood" gesien word. Drie huise van 45 vierkante meter elk is reeds naby voltooiing.
Gebedsversoek: Ongebruikte meubels/huisraad/gordyne. Of kospakkies vir werklose gesinne.

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Mabopane om kommentaar te lewer!

 

Lede (2)

NGL Admin Sini Meyer
 
 
 

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service