NG Lynnwood Gemeente

Inligting

Caritas - Uitreik

'n Groep vir alle bedieninge in die areas van uitreik.

Lede: 10
Nuutste Aktiwiteit: Feb 2, 2011

Welkom by die bedieningsgroep vir uitreik!

24/7 Christenwees in die gemeenskap

want ons gee om ...

 Ons glo dat ons gemeente 'n ″gemeenskap van gestuurdes″ is. Ons verklaar dit ook in ons geloofsverklaring (opgestel in die negentigerjare) dat:

″ons in diens van die koninkryk van God betrokke sal raak by die omvattende nood van die wêreld om ons.″

Dit is wat kerkwees beteken ... ″om gestuur te wees″, volgelinge van die Gestuurde Jesus Christus.

 

Die Caritas-bediening neem oorhoofs verantwoordelikheid vir, onder andere, die koördinering van die gemeente se omgee na ″binne en buite.″ In die gemoedere van lidmate bestaan daar dikwels oorvleueling tussen die ″uitreik na buite en binne″. Dit gaan immers in beide gevalle oor omgee, hulp verlening en betrokkenheid wanneer jy 'n 24/7 lewe deur die Gees leef. Sommige lidmate het gawes om dit naby te doen en ander weer verder, maar dis dieselfde ″aksie″.

 

As mens jou ore op die grond hou, hoor jy van wonderlike omgee-stories in die gemeenskap deur lidmate wat, sonder dat ander weet, betrokke is by bure, vriende en ander in nood. Ons wil nie net ons onderlinge gemeenskap as gelowiges en bure van nie-lidmate koester en uitbou nie, maar ook ons betrokkenheid by die wyer gemeenskap.

Die Here seën ons gemeente op so baie maniere: met lidmate wat hulle tyd, vaardighede en soveel van hulleself beskikbaar stel; ook op finansiële gebied dra hulle dikwels meer as hulle dankoffer by om 'n verskil in ons wyer gemeenskap te maak.

 

 

 

>>> Kry KONTAKINLIGTING vir bedieninge hier

 

Kry hier meer inligting oor die uitreike waar ons by betrokke is:

 

 

 


 

 

Bankbesonderhede van NG Lynnwood:

 

ABSA Reknr 540580014

Takkode 632005

Indien u vir 'n spesifieke projek wil bydra, spesifiseer dit asb duidelik op u deposito/oorplasing.

 

Meer inligting i.v.m. skakelpersone is op die webblad beskikbaar - www.nglynnwood.co.za

 

 

 


Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Caritas - Uitreik om kommentaar te lewer!

NGL Admin Kommentaar deur NGL Admin op 2 Februarie 2011 om 14:49

Let op die behoeftes by Mabopane Uitreik! 

Kry meer inligting hier!

http://www.nglynnwood.co.za/group/uitreik

Skillie Jacques Botha Kommentaar deur Skillie Jacques Botha op 4 Januarie 2010 om 12:20
LOVE / CARE / RELATIONSHIP / HONESTY / COMMUNICATION / LEADERSHIP - LIVE IT!
 

Lede (10)

Dewald Lemmer Pieter Oosthuizen Marna Cronje Johann Snyman EJ Leach Coenraad Bekker Johan Jooste Hannelie Labuschagné Skillie Jacques Botha NGL Admin
 
 
 

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service