Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Inligting

Wyse Grysheid

Verhale uit Lynnwood Oord

Lede: 1
Nuutste Aktiwiteit: Jan 14, 2010

Gespreksforum

This group does not have any discussions yet.

Alle Kommentaar

Kommentaar deur NGL Admin op 14 Januarie 2010 om 10:24
NUUS UIT LYNNWOOD OORD

Die senior burgers van Lynnwood-Oord is vir ons gemeente baie belangrik, soos trouens al ons senior burgers. Senior mense is ‘n gemeente se bron van krag, want dit is hulle wat veral vir die gemeente bid en die gemeente met wysheid dien.

Ons gemeente probeer om ‘n diens aan al die inwoners van Lynnwood-Oord te lewer – nie net aan ons eie lidmate nie. Deel daarvan is ‘n Bybelstudie wat ons elke Donderdagoggend van die skoolkwartaal in die Oord se saal aanbied. Ons neem ‘n tema en gesels saam daaroor. Vanjaar begin ons met ‘n gesprek oor die laaste week van Jesus se lewe tot by sy kruisdood. Ons gesels oor Markus se weergawe van hierdie belangrike week en wonder saam oor wat presies gebeur het dat Jesus tot die dood veroordeel is, waarom Hy eers gewild was en toe ongewild, hoekom Hy so graag Jerusalem toe wou gaan, hoekom Hy nie een nag in Jerusalem geslaap het nie, en waarom dit nodig was dat Hy op só ‘n wyse moes sterf ... en sommer nog baie ander vrae.

Vir die Oord se mense bly dit lekker dat verskeie lidmate van buite die Oord aan hierdie gesprekke deelneem. Op hierdie wyse hou die mense van die Oord en die res van die gemeente kontak. Woon dit gerus by as u so voel. U is meer as welkom.

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Wyse Grysheid om kommentaar te lewer!

 

Lede (1)

 
 
 

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service