
'n CD word uitgegee sodat jy die MUSICAL kan onthou en weer
na die musiek kan luister!
NG Lynnwood het 'n eie klankateljee en 'n volledige CD produksie
van EMMAUS MUSICAL sal daar opgeneem word en na die tyd beskikbaar
gestel word om teen slegs R50 te koop
Die album sal al die musiek van die blyspel bevat en word deur Dirk
Niewoudt vervaardig en gemeester. Daar word baie hard gewerk aan
die musiek en dit sal lekker wees om dit te kan bêre as deel van
jou uitgesoekte musiek versameling.
Die album word self gedupliseer en daarom sal dit ons help indien
jy 'n bestelling plaas voor die uitvoering om seker te maak jou
kopie wag vir jou.
Bestel asseblief jou CD hier deur die vorm te voltooi. Ons sal
jou bestelling bevestig en jy kan jou betaling maak wanneer jy
enige aand van die vertonings jou CD kom afhaal.