NG Lynnwood Gemeente

Emmaus Musical


Ons nooi jou om die GEHEIM te kom ontdek! Die EMMAUS MUSICAL is gebasseer op die Bybelse verhaal oor die Emmaus-gangers. Die musiekblyspel speel af in 'n moderne Emmaus vol interessante karakters wat almal verskillende ervaringe van Jesus het. Elkeen moet self ontdek, sien en onthou hoe hierdie man in hulle lewens 'n invloed uit oefen.


Die EMMAUS MUSICAL is geskep deur Zander van der Westhuizen en Leon Gropp. Die teks, musiek en lirieke is alles nuwe skeppinge uit die twee komponiste se hande. Beide Zander en Leon is vir 'n geruime tyd in die musiek-wêreld besig en is deel van die span wat in 2009 'n SAMA toekenning ontvang het. Leon speel voltyds in die bekende Spaanse Kitaarduo, CH2 en Zander is predikant in die gemeente. Saam met top musikante, 'n talentvolle produksiespan en 'n uitgesoekte groep kunstenaars wat die rolle vertolk - is hierdie 'n moet sien!


Die EMMAUS MUSICAL word aangebied op 22 en 23 Oktober 2010 in die Kerkgebou van NG Lynnwood.


Op Sondag 24 Oktober word spesiale eredienste met die fokus op aanbidding gehou saam met die EMMAUS MUSICAL musiekspan en ander musikante. Lees alles oor EMMAUS DIE MUSICAL hier:


Karakters

Kaartjies

Musiek

Video

CD

Sondag 24 Okt

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service