Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Gasvryheid

Hierdie baie aktiewe Gasvryheidsbediening is die glimlag van die gemeente.

 

Al meer lidmate vind uit dat dit al te gesellig is om ’n ou bekende raak te loop by een van die gesellige tee-geleenthede wat die Gasvryheidbediening reël. 

 

Die Lentetee, Kerstee, Verwelkomingstee en Paastee,   is ’n vrolike oggend en so volg die ander geleenthede elkeen met sy eie atmosfeer en karakter. 

 

Ons behartig ook die verwelkoming van nuwe intrekkers.

 

Ons missie is om die gemeente ’n plek te maak waar lidmate gasvryheid, omgee vir mekaar, opregte belangstelling en die warmte van die Here se liefde te ervaar.  Hoe meer gemeentelede betrokke raak – hoe makliker word die take verrig.  Skakel gerus in om nuwe lidmate te verwelkom in die gemeente, te help met verversings, of met reëlings van funksies.

 

As jy wil help kontak asb vir Linda Human by 083 302 1805.

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service