>>> Kry KONTAKINLIGTING vir al die uitreikbedieninge hier
Die Gemeentevroue is betrokke by:
Die Tabita-naaldwerkklasse word al vir baie jare in die gemeente aangebied op Dinsdae en Donderdae. Twee verskillende groepe gemeentevroue leer huishulpe om klere te maak en ander naaldwerkprojekte aan te pak. Op die twee middae is dit 'n gedreun van naaimasjiene, omkapmasjiene en 'n geknip van skêre, lekker gesels en opgewondenheid wat mens dankbaar laat wegstap – dankbaar oor die rykdom gawes van die Here wat ook op hierdie manier 'n verskil in baie mense en gesinne se lewens maak. Jaareindfunksies is ’n belewenis: 'n modeparade, waar elke vrou haar skeppings van die jaar wys, word met groot vrolikheid, vreugde en trots aangebied. Gemeentelede skenk dikwels materiale en ander benodigdhede. Om nie eers te praat van die manslidmate wat deur die loop van die jare al die masjiene op gereelde basis gediens het nie! Daar is hierdie jaar R500 begroot om te help met van die uitgawes.
So 'n paar jaar gelede het ons die versoek ontvang om lokale tot beskikking van ABET, 'n skool wat geletterdheidsklasse aanbied, te stel. Die versoek is toegestaan en elke aand van Maandag tot Donderdag is daar 44 leerders wat van vroeg af aankom om onder leiding van 4 onderwyseresse, tot op graad 4-vlak onderrig te ontvang, met Engels as onderrigtaal. Twee van die onderwyseresse het ook by die Departement van Onderwys kontrakte ontvang om by die Akademiese hospitaal se ABET-sentrum klasse aan te bied. Hulle gee dus onderrig by twee sentra van Maandae tot Donderdae! Die onderwyseresse moes vir 'n tydlank verlede jaar sonder salarisse klaarkom en het die werk met dieselfde passie voortgesit. Om dié rede het die gemeente aan die einde van 2010 'n honorarium aan hulle oorhandig.
Die skool is naby Kameeldrif en 'n maatskaplike werker is ons skakelpersoon. Groepe vroue in ons gemeente brei blokke, wat aanmekaargewerk word as komberse vir die behoeftiges.
Ons gemeentevroue het verlede jaar 'n projek van stapel gestuur waar elke kind 'n kersgeskenk ontvang. Die sop wat tydens die Pinksterdienste oorbly, word gevries en na die Laerskool Leeuwfontein geneem. Leerlinge van Hoërskool Menlopark word ook betrek by sop, brood en lemoene.
Ander Gemeente Vroue inligting hier
>>> Kry KONTAKINLIGTING vir al die uitreikbedieninge hier
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.