NG Lynnwood Gemeente

Karakters

Ontmoet die karakters in die MUSICAL


Leon Gropp vertolk JESUS in die blyspel. Leon is tans 'n voltydse musikant wat deel is van die groepe CH2 en VERTIKAAL. Leon is van skooldae af betrokke by musiekproduksies


Liesel Harris vertolk die rol van LEA, een van die reisigers in die blyspel. Liesel studeer drama en het al in die verlede haar talent op verkeie verhoë ten toon gestel


Dirk van der Merwe vertolk die rol van CP, die ander reisiger in die blyspel. Dirk is voltyds siviele ingenieur maar is deeltyds betrokke by DWC - 'n groep musikante wat gereeld in en om Pretoria optree


Saskia Breedt vertolk die rol van BB in die blyspel, 'n broodverkoper op die strate van EMMAUS. Saskia is bekend vir haar vertolking van rolle in vorige blyspelle soos Opgehoop en Haweloos. Saskia is 'n kleuterskool onderwyseres en bied drama werkswinkels op verskeie plekke aan


Jurgens Joubert vertolk die rol van Oliver in die blyspel, 'n jong seun wat die strate van EMMAUS baie goed ken! Jurgens is tans op laerskool en is 'n talentvolle jong sanger.

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service