NG Lynnwood Gemeente

Nuwe Generasie Uitreike

>>> Kry KONTAKINLIGTING vir al die uitreikbedieninge hier

 

Nuwe Generasie-uitreike

Die gemeente se Nuwe Generasiebediening is met 'n hele klompie uitreike besig. Die afgelope finansiële jaar is R46,557 aan die uitreike bestee. Bydraes van die jongmense en ander lidmate het R38,042 beloop. Die jongmense dra self hul uitgawes vir hulle betrokkenheid by die uitreike.

Daar word tans beplan aan 'n Botswana-uitreik in Julie vir ongeveer sestig jong volwassenes en studente. Die opgewondenheid loop hoog vir die 3000km busrit wat gerig is op die uitdra van die Evangelie en toerusting van ons jongmense. Om dit te bereik gaan 'n hele paar sendingstasies besoek word.

 

Nuwe Generasie het ook Wozanibone-uitreik besoek op Donderdag, 19 Mei en hulle wil saam met die jongmense van daardie omgewing aan die werk spring en die geboue afskuur, verf en saambraai.

 

Kyk gerus na ons gemeente se webblad na van die ander projekte waarby die Nuwe Generasie betrokke is.

 

Ander Nuwe Generasie Inligting hier

 

>>> Kry KONTAKINLIGTING vir al die uitreikbedieninge hier

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service