NG Lynnwood Gemeente

SONDAG 24 OKTOBER 2010 by NG Lynnwood

Deel van die MUSICAL naweek by die gemeente sluit 'n spesiale erediens ervaring in!


Op Sondag 24 Oktober word daar twee spesiale eredienste aangebied in die gemeente met 'n fokus op aanbidding en musiek: Deel van die MUSICAL naweek by die gemeente sluit 'n spesiale erediens ervaring in!


09:00 - Gesamentlike erediens in die Kerk (Klassieke inslag)

18:30 - Aanddiens in die Kerk (Kontemporêre inslag)


Tydens albei hierdie dienste sal verskillende musiekinstrumente gebruik word saam met 'n audio-visuele ervaring om 'n ruimte vir aanbidding te skep. Die EMMAUS MUSICAL Span werk saam met klassieke en kontemporêre musikante om saam die Here se naam groot te maak! Die orrel word gebruik in die oggend en die aanddienste en die spesiale Sondag behoort 'n feestelike afsluiting vir die naweek te wees!

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service