Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Eric Scholtz
  • Manlik
  • Pretoria, Gauteng
  • South Africa
Share on Facebook Share on Facebook Stuur Aan
 

Eric Scholtz se Bladsy

Eric Scholtz's Blog

Kontak van 4 November: Dankbaarheid en welwese

Dankbaarheid en welwese

Lees Lukas 17:11-19

Die verhaal in Lukas 17, oor die tien melaatses wat deur Jesus gesond gemaak is, eindig in die ’83 Afrikaanse vertaling met hierdie woorde: “En vir hom sê Hy: ‘Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.’” Dit is Jesus se laaste woorde aan die tiende melaatse wat omgedraai en sy dankbaarheid teenoor Jesus betoon het. Sommige Engelse vertalings bied egter ’n intressante variante vertaling van die teks. Die New…

Meer

Gepubliseer op 4 November 2016 om 9:18 —

Twee koppe is beter as een. Of dalk nie?

Twee koppe is beter as een. Of dalk nie?

Twee koppe is beter as een. Dit is ’n bekende Afrikaanse gesegde. Daarmee bedoel ons die saam(dink)werk van twee of meer mense lewer beter resultate as die (dink)werk van ’n enkele persoon. ’n Uitdrukking kry gewoonlik die status van ’n gesegde as dit dikwels herhaal word en wyd gebruik word. Sulke gesegdes maak aanspraak op algemeen-geldende waarheid.

 

Maar is twee koppe beter as een? Nie volgens die skrywer Susan Cain…

Meer

Gepubliseer op 30 September 2016 om 9:20 —

Die sterrehemel getuig van God...

Die sterrehemel getuig van God…

 

Op 27 Augustus vanjaar was die twee planete Jupiter en Venus baie naby mekaar in die vroeë aandlig sigbaar. Dit was ’n uitsonderlike gebeurtenis wat eers weer in 2065 sal voorkom. Hoe weet ek dit? Ek stel ’n bietjie in die sterrekunde belang en kry gereeld e-posse van interessanthede wat in die naghemel waar te neem is. My belangstelling is ’n klomp jaar gelede geprikkel na ’n besoek aan die planetarium in Johannesburg. Die planetarium het ’n…

Meer

Gepubliseer op 5 September 2016 om 8:24 —

Kontak van 29 Julie 2016: Rekenaarspiritualiteit

Rekenaarspiritualiteit

Die leefwêreld waarin ek grootgeword het, was een sonder rekenaars. Toe rekenaars in Suid-Afrika hul verskyning gemaak het, het ek nie dadelik vir my een aangeskaf nie. Ek het my eerste rekenaar in die middel van die negentigerjare gekoop. Dit was die einde van die DOS-era. Windows 3.0 het pas verskyn. Ek het aanvanklik op beide platvorms gewerk en later, soos miljoene ander rekenaargebruikers, volledig na Bill Gates se Windowsplatvorm…

Meer

Gepubliseer op 29 Julie 2016 om 10:27 —

Kommentaar Muur (2 kommentare)

Jy moet 'n lid van Lynnwood Gemeente wees om kommentaar te lewer!

Om 10:34 op 18 Oktober 2012, het Fay van Eeden gesê…

Welkom Eric!  Ons sien uit om julle in ons Lynnwood-familie te verwelkom!

Om 10:12 op 18 Oktober 2012, het NGL Admin gesê…
Welkom Tuis, Eric!
 
 
 

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service