NG Lynnwood Gemeente

Johann Voges
Johann Voges
  • Manlik
  • South Africa
Share on Facebook Share on Facebook Stuur Aan Twitter

Johann Voges se Vriende

  • Skillie Jacques Botha
  • Paul Roos
 

Johann Voges se Bladsy

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon

kontak 2 Februarie 2012

DagsêIemand het eenkeer gesê... if you know what you’re looking for, you will never see what you do not expect to find. Op Afrikaans... as jy dink jy weet wat jy wil hê, sal die verrassings in die lewe by jou ongesiens verbygaan. Johannes vertel in sy evangelie hoe jy dit by die meeste mense destyds gekry het wat moes besluit om Jesus se volgelinge / dissipels te wil wees.   Al die mense wat uitein­de­lik Jesus se dis­si­pels geword het, het op ’n ver­ras­sende manier ge­kry wat hul nie eintlik…See More
Blog post by Johann Voges 1 Feb
Profile Icon

Kontak 28 Desember 2011

DagsêMet kersfees het ons God-se-tussen-ons-kom-woon gevier... die begin van ʼn nuwe lewe saam met God. Die uitdaging nou, na kersfees oppad die nuwe jaar in, is die vraag wat om met hierdie lewe wat ek gekry het te maak. Iemand het op ʼn kol gesê... ek het God vir allerande dinge gevra sodat ek die lewe kon ge­niet. Op die ou end het God my die lewe gegee sodat ek allerhande dinge kan geniet. Maar hoe geniet ʼn mens die lewe wat jy kry. Laat my dink aan ʼn storie wat ek êrens gelees het oor…See More
Blog post by Johann Voges Des 27, 2011
Profile Icon
Fay van Eeden commented on Johann Voges's blog post 'kontak 30 November 2011'
Dankie Johann - dis so 'special'!
Des 1, 2011
Profile Icon

kontak 30 November 2011

DagsêDis nogal opvallend om te sien hoe dikwels Jesus in die Nuwe Testament eintlik meeste van die tyd preke sonder woorde gedoen het. Trouens dis hoe sy storie met kersfees ook begin het. Lukas2 se kersfeestorie is een van die dae weer voor­bladnuus... tenminste ons hedendaagse weergawe daarvan. Maar die dag toe dit gebeur het, was dit eintlik Jesus se eerste preek sonder woorde. In ons tyd ruik kersfees anners as die eerste ene... vandag se kersfees reuk is een van lekker kos en alles wat…See More
Blog post by Johann Voges Nov 29, 2011
Profile Icon

kontak 27 Oktober 2011

DagsêHierdie tyd van die jaar met die jakaranda’s in volle blom is dit nie net studente en skoolkinders wat se eksamenskryf-vermoëns getoets raak nie, maar elkeen van ons se eintlike motivering wat ek hierdie jaar mee begin het, raak ook getoets. Trouens oor hoe ek myself sien en hoe ek hierdie jaar probeer leef het wat ek geglo het, is op ʼn manier altyd aan die eksamenskryf. Einde van die jaar eksamen... kersfees amper om die draai... is die eintlike vraag om geantwoord te kry... hoe ek…See More
Blog post by Johann Voges Oct 26, 2011
Profile Icon

Kontak 1 September 2011

DagsêFranklin Jones het op ’n kol gesê... lentetyd is ’n wonderlike tyd in die jaar... dit laat jou voel asof jy al die dinge kan doen wat jy oud genoeg is om te weet jy kan nie.  Maar hier in die stadsgewoel herken ’n mens soms lente makliker aan die plante as aan die mense om jou... want ongelukkig maak lente alles nuut, behalwe mense, was Jean Paul Richter se waarneming. Die uitdaging... kom vier saam in ons gemeente volgende week se kunsteweek waartydens ons iets van God se lentekuns in ons…See More
Blog post by Johann Voges Aug 31, 2011
Profile Icon

Kontak 10 Augustus 2011

DagsêAs jou fyn ruik goed werk, sal jy ook uit die hoek van jou oog die jasmynblommetjies kan raaksien wat se lekker ruik wil sê die lente is amper hier, al lyk en voel dit nog soos winter. ’n Sekere iemand met die naam Frank Johnson sê dat lente is die resultaat van God wat in goud dink, in blou lag en in groen praat.  Die wonder van lente is dat dit oral blomme bring waar dit bietjie dag gelede nog die ene winter was. Dis die tyd wanneer ’n mens se fyn kyk oral verras kan raak... om te kan…See More
Blog post by Johann Voges Aug 10, 2011
Profile Icon

Kontak 20 Julie 2011

DagsêKyk hierdie afgelope wintertyd waar jy mense hier in Pretoria gekry het wat nie jasse gedra het nie, was dit gewoon omdat hulle nie jasse gehad het nie. Ons is eintlik so bederf met Pretoria se gematigde klimaat dwarsdeur die jaar... maar hierdie winter het my weer bewus gemaak van seisoene. Soos die skrywer van Prediker sê.... om respek te hê vir die feit dat daar vir alles ’n bepaalde tyd / ’n geleentheid / ’n seisoen is om in te gebeur. Want as jy die bepaalde tyd / geleentheid /…See More
Blog post by Johann Voges Jul 20, 2011
Profile Icon

Kontak 26 Mei 2011

DagsêOral dra die bome en lamppale nog die letsels en flenters van 'n munisipale politiek gegeurde verkiesing wat verby is... by party plekke het baie verander en by ander plekke het alles dieselfde gebly. Die groot vraag hiervandaan is nie wie watter stoele waar in die munisipaliteitshiёrargieё volsit nie, maar hoe elkeen van ons 'n verskil gaan probeer maak in ons eie omgewing. Want ongelukkig werk dit so in enige politieke verkiesings soos Winston Churchill al in sy tyd gesê het... politieke…See More
Blog post by Johann Voges Mei 26, 2011
Profile Icon

Kontak 23 Maart 2011

DagsêDie eerste kwartaal van 2011 is so vinnig verby soos wat dit begin het... ‘n kwartaal wat ons uit die liewe Here se fonteine tot ons beskikking gedrink het om ons 24/7 christenwees oral uitgeleef te kon kry. Ek het twee gebede raakgeloop wat iets verwoord van my eerste kwartaal worsteling by hierdie fonteine...Geneviéve Graves se gebed...Here, U wat hierdie mense liefhet wat ek nie kan verdra nie,U wat die harte verstaan van hulle wat ek nie kan begryp nie,U wat die innerlike worsteling…See More
Blog post by Johann Voges Mar 23, 2011
Profile Icon

Kontak 9 Maart 2011

DagsêDie oudste vertaling wat ons van die Onse Vader het, is in koine (gewone) Grieks wat die wêreldtaal in Jesus se tyd was. Van hierdie vertaling is jare later ’n Aramese vertaling gemaak as ’n poging om te probeer verstaan hoe die plaaslike mense in Jesus se tyd wat almal Aramees gepraat het, Jesus ook, die gebed sou verstaan. Een van die strofes Matteus 6:12 in die Onse Vader uit Grieks vertaal, klink op Afrikaans so... vergeef ons ons oortredinge, soos ons ook dié vergeef wat teenoor ons…See More
Blog post by Johann Voges Mar 8, 2011
Profile Icon

Kontak 24 Februarie 2011

DagsêDaar word vertel dat Abraham Lincoln op ’n stadium baie ontsteld en ontnugter was omdat hy as president magteloos gevoel het teen die onreg wat in Amerika net aanhou vererger het. Eendag sê hy toe vir een van sy vriende... ek wens so ek kan God blameer vir al die armoede, hongersnood en onreg hier in Amerika en sommer vir die hele wêreld s’n ook. Ek wens ek kan Hom vra waarom Hy dan niks daaraan gedoen kry nie. Nou, wat keer jou om dit te doen, wou die vriend weet. Wel, omdat ek bang is…See More
Blog post by Johann Voges Feb 23, 2011
Profile Icon

Kontak 18 Februarie 2011

DagsêMet Valentyn’s kleure en geure wat nog oral in die lug rondhang... miskien sommer ’n verdwaalde gedagte of twee oor die liefde-storie wat ons almal altyd so baie oor te sê het, maar so min van gedoen kry. Iemand het eenkeer gesê... liefde is soos die vyf broodjies en twee visse wat Jesus op ’n keer in sy hande gehad het... hoe meer jy daarvan weggee, hoe meer word dit. Kom ek deel met jou in die dampkring van Valentyn hierdie mooi liefdesverklaring wat ek êrens raakgelees het... ek is lief…See More
Blog post by Johann Voges Feb 16, 2011
Profile Icon

Kontak 9 Februarie 2011

DagsêDie ou mense het altyd gesê... daar is net drie ‘te’s wat nie na sonde ruik nie... te voet, te perd en tevrede. Die gefoeter is net dat die tevrede raak storie nie altyd oral ewe maklik gebeur nie. Soos ’n bekende ou wêreldse Franse skrywer ene Francois la Rochefoucauld1613 – 1680 in sy tyd al gesê het... dis moeilik om tevrede te wees as jy min het, maar dis onmoontlik as jy baie het. Soos die storie wat vertel word van die meulenaar en sy seun wat besig was om hul donkie aan te jaag om…See More
Blog post by Johann Voges Feb 8, 2011
Profile Icon

Kontak 26 Januarie 2010

DagsêJakobus was toentertyd van mening dat 'n mens bly moet wees elke keer as jou geloof getoets raak (die ou Afrikaanse vertalings het dit vertaal met... as daar beproewinge / versoekings oor jou pad kom), omdat dit goed vir jou geestelike lewe is. Want, sê Jakobus... die slegte dinge wat met jou gebeur, toets of jy werklik die Here vertrou. As dit met jou sleg gaan, leer jy juis om nader aan die Here te leef, want so groei 'n mens om naderhand 'n geestelike grootmens te raak wat weet hoe om…See More
Blog post by Johann Voges Jan 26, 2011
Profile Icon

Kontak 19 Januarie 2011

DagsêSommanet so 'n bietjie gewonder oor watter fonteine ek vir die 2011 langs die pad gaan nodig kry om in hierdie jaar ook die lewe te kan geniet... toe lees ek dat iemand onbekend eenkeer gesê het... ek het vir die Here so baie dinge gevra vir 2011 om die lewe te kan geniet. Toe het die Here vir my die lewe gegee sodat ek baie dinge kan geniet. Maar proe sommer ook 'n bietjie aan hierdie paar bekertjies water wat ek by Langenhoven gekry uit sy boek, Ons weg deur die wêreld 1913...Die slim…See More
Blog post by Johann Voges Jan 19, 2011

Johann Voges's Blog

Johann Voges

kontak 2 Februarie 2012

Dagsê

Iemand het eenkeer gesê... if you know what you’re looking for, you will never see what you do not expect to find. Op Afrikaans... as jy dink jy weet wat jy wil hê, sal die verrassings in die lewe by jou ongesiens verbygaan.

 

Johannes vertel in sy evangelie hoe jy dit by die meeste mense destyds gekry het wat moes besluit om Jesus se volgelinge / dissipels te wil wees.   Al die mense wat uitein­de­lik Jesus se dis­si­pels geword het, het op ’n ver­ras­sende manier…

Meer

Gepubliseer op 1 Februarie 2012 om 22:41 —

Johann Voges

Kontak 28 Desember 2011

Dagsê

Met kersfees het ons God-se-tussen-ons-kom-woon gevier... die begin van ʼn nuwe lewe saam met God. Die uitdaging nou, na kersfees oppad die nuwe jaar in, is die vraag wat om met hierdie lewe wat ek gekry het te maak. Iemand het op ʼn kol gesê... ek het God vir allerande dinge gevra sodat ek die lewe kon ge­niet. Op die ou end het God my die lewe gegee sodat ek allerhande dinge kan geniet.

 

Maar hoe geniet ʼn mens die lewe wat jy kry. Laat my dink aan ʼn…

Meer

Gepubliseer op 27 Desember 2011 om 20:04 —

Johann Voges

kontak 30 November 2011

Dagsê

Dis nogal opvallend om te sien hoe dikwels Jesus in die Nuwe Testament eintlik meeste van die tyd preke sonder woorde gedoen het. Trouens dis hoe sy storie met kersfees ook begin het. Lukas2 se kersfeestorie is een van die dae weer voor­bladnuus... tenminste ons hedendaagse weergawe daarvan. Maar die dag toe dit gebeur het, was dit eintlik Jesus se eerste preek sonder woorde.

 

In ons tyd ruik kersfees anners as die eerste ene... vandag se…

Meer

Gepubliseer op 29 November 2011 om 18:17 — — 1 Kommentaar

Johann Voges

kontak 27 Oktober 2011

Dagsê

Hierdie tyd van die jaar met die jakaranda’s in volle blom is dit nie net studente en skoolkinders wat se eksamenskryf-vermoëns getoets raak nie, maar elkeen van ons se eintlike motivering wat ek hierdie jaar mee begin het, raak ook getoets. Trouens oor hoe ek myself sien en hoe ek hierdie jaar probeer leef het wat ek geglo het, is op ʼn manier altyd aan die eksamenskryf. Einde van die jaar eksamen... kersfees amper om die draai... is die eintlike vraag om geantwoord te kry...…

Meer

Gepubliseer op 26 Oktober 2011 om 21:48 —

Alle Kommentaar

Jy moet 'n lid van NG Lynnwood Gemeente wees om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

  • Geen kommentaar sover nie!
 
 
 

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service