Liewe lidmate
Sou mens met 'n paar tieners oor hulle ouers praat, vermoed ek dat sommige tieners die mening sou uiter dat hulle ouers na alle waarskynlikheid hulle eerste paar lewensjare in die buidel van 'n dinosourus deurgebring het. Dit gebeur dat tieners van mening is dat hulle ouers so outyds is dat hulle sterk verbintenis toon met die era van dinosourusse. Een van die gebiede wat vir tieners tekenend is van hulle ouers se agtergeblewendheid, is die manier waarop ouers…
MeerGepubliseer op 15 Desember 2011 om 12:18 —
Liewe lidmate
Veral die Duitse motors is bekend vir opsionele ekstras. Wanneer mens dus 'n nuwe motor koop, is die basiese prys bereken sonder 'n hele klompie items wat baie kopers graag in hulle nuwe aankope sou wou sien. Die beginprys sal byvoorbeeld R 400 000,00 beloop, maar vir die satelietnavigasie en elektroniese stabiliteitsprogram moet mens ekstra betaal. In baie Japanese en Koreaanse voertuie is dit deel van die standaardtoerusting.
Om met…
MeerGepubliseer op 2 November 2011 om 19:52 —
Liewe lidmate
Die komende naweek is 'n langnaweek en heelwat lidmate gaan weg. Sommige kuier by familie en ander gaan na 'n spesiale vakansiehuis iewers in die bosveld. Geniet dit en ry veilig. Baie lidmate bly oor die langnaweek by die huis en doen die tuinroete nadat hulle die laaste laatslaap van die winter benut het. Geniet dit in die selfde mate.
Waar jy jou ook al bevind, onthou dat dat gelowiges op Sondae ander dinge doen as om onvermoeid voort te…
MeerGepubliseer op 4 Augustus 2011 om 9:15 —
Liewe lidmate
Hoekom is ons hier op aarde? Daar was een maal 'n geleerde man, wat vry vertaal, die volgende daaroor kwyt geraak het: Waarom is ons hier op hierdie klein modder hopie; tollende in oneindige ruimte? Ek het nie die vaagste benul nie en ek is seker daarvan dat niemand het nie.
Ek sou graag wil verskil. Een van die maniere om sin uit die lewe te put, is om liefde te leef. Dis nou van die liefde wat ons reeds by God ontvang het en gereeld van…
MeerGepubliseer op 20 Julie 2011 om 15:18 —
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.