Liewe Vriende,
In 'n sekere sin voel hierdie paar dae voor die skole heropen, soos die laaste oomblikke van die stilte voor die groot stormloop in 2012 begin. Mag jy in 2012 die Here se teenwoordigheid in jou lewe op spesiale maniere beleef en jy bewus wees van Sy oneindige liefde vir jou.
Die eerste van ons vier kwartaaltemas, is "eenwees". Wat word hiermee bedoel? Dit beteken, onder andere, dat ek daarvan bewus sal wees dat God elke dag "hier en nou" is; dat Hy orals…
MeerGepubliseer op 12 Januarie 2012 om 7:24 —
Vriende,
Hoe kan ons, klein mense, die grootheid van God, selfs net íéts van sy liefde begryp? Want lees mens die paar verse oor mense in Genesis 4:1-8, 23-26 en 10:8-12, besef jy hoe moeilik dit is...
Kain maak sy broer Abel dood en as die Here hom aanspreek, is sy reaksie dat sy straf te groot is en dat hy bang is mense gaan hom doodmaak as hulle hom in die hande kry. Ek lees iets tussen die lyne van 'n onwilligheid om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar, 'n regte…
MeerGepubliseer op 8 Desember 2011 om 7:13 —
Liewe Vriende,
Wanneer mens kuiermense kry, of 'n vakansie beplan, of 'n fees reël, is daar altyd baie voorbereidings. Die lekker deel dan daarvan, is die uitsien of afwagting wat mens opgewonde maak. Ons verwag dit gaan lekker wees!
Ons is weer oppad na so 'n voorbereidingstyd toe in die kerk: Adventstyd. Die woord beteken: "koms" of "aankoms." Dis 'n tyd wat die laaste 4 Sondae voor Kersfees begin, waartydens die koms van die Here Jesus na die wêreld toe en dat Hy nog steeds…
MeerGepubliseer op 17 November 2011 om 8:11 —
Liewe Vriende,
Ek werk op die oomblik deur die gemeente se Kerkraadsnotules. Dit is insiggewend en een van die gedagtes wat by my bly steek is: hoe het "tye" nie verander nie!
Mens kan skaars glo oor watter sake passievol gepraat is op Kerkraadsvergaderings, oor die "verderflike musiek" waarna jongmense luister, die stryd oor huishulpe wat in die kerksaal kon kerkhou pleks van in motorhuise, besware oor die feit dat 'n erediens in Engels gehou is, ensovoorts. Daar is nog vele…
MeerGepubliseer op 12 Oktober 2011 om 23:28 —
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Alle Kommentaar
Jy moet 'n lid van NG Lynnwood Gemeente wees om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente