Januarie 2010 Blog Artikels (15)

Afkondigings 31 Januarie 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 29 Januarie 2010 om 12:53 — Geen Kommentaar

Kontak 29 Januarie 2010

Liewe vriende,



Ek het beloof dat ek die volledige gedig aan julle sal stuur wanneer ek daarmee klaar is. Ek het dit reeds op die webbladsy gepubliseer, maar stuur dit ook aan julle, aangesien almal nie noodwendig die webblad besoek nie. Ons sal graag wil hê julle moet die gemeente se weeblad besoek, dis propvol nuus en interessanthede! (Kliek hier vir die webbladsy - LINK)Die gedig volg aan die einde van van vandag se kontak.



Maak seker dat jy moeite doen om eerskomende… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 28 Januarie 2010 om 8:13 — Geen Kommentaar

Kontak 29 Januarie 2010 Teenwoordige God

Liewe Lidmate,



Wanneer mens saam met iemand is wat jy van hou en voor lief is, soos ‘n vriend of vriendin, jou man of vrou, is daar ‘n diep geborgenheid. Jy weet jy word aanvaar soos jy is, al weet hulle amper alles van jou. Daar is ook ‘n vryheid om reguit te kan sê wat jy dink, want jy weet hulle sal dit nie verkeerd interpreteer nie. Mens voel selfs bemagtig as die persoon saam met jou is. Jy sal groter uitdagings aanvat omdat hulle by jou is.



Die kern van al die… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 28 Januarie 2010 om 7:30 — Geen Kommentaar

Haaie en "Hard Hat" 29 Januarie 2010

'n Haai-navorser met die naam van George Burgess het bevind dat daar gemiddeld 150 mense op ons planeet jaarliks sterf as gevolg van kokosneute wat op hulle koppe val. Dit is 15 keer meer mense as wat jaarliks aan haai-aanvalle sterf. Nogtans is die mense gefasineer deur haaie. Op die infotainment kanale soos Discovery sien mens gereeld programme oor haaie. Mense maak flieks daaroor en ons oorweeg dit om lande se kuslyne met nette te span sodat niemand deur haaie aangeval word nie. Geen flieks,… Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 26 Januarie 2010 om 18:33 — Geen Kommentaar

Die Legend wat aan die kruis gehang het

Ek het in vanaand se diens tydens die 'worship' session opgestaar na die kruis voor in die kerk...daai spesifieke kruis het my al baie aande opgetel wanneer dinge rerig net te erg was - vanaand was anders...



ek het na die kruis gestaar en net gedink aan die LEGENDARY dude wat aan daardie kruis gehang het...dat 'n ou met soveel passie en awesome in hom moes sterf vir iemand so sondig soos ek is net wonderbaarlik amazing ( daar is nie genoeg byvoeglike naamwoorde om dit te beskryf nie… Meer

Opgelaai deur Skillie Jacques Botha op 24 Januarie 2010 om 21:40 — 1 Kommentaar

Afkondigings 24 Januarie 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 22 Januarie 2010 om 11:00 — Geen Kommentaar

Van motorfietse tot 'n begfiets

Liewe lidmate



Verlede So het ons 'n brullende motorfietse in die Gesinsdiens gehad ... gelukkig het net een baba gehuil toe dit effens hard raak. In hierdie tyd gaan ek die motorfietse moet ruil; ja soms moet 'n man bietjie afskaal. Ek slaan oor na 'n bergfiets.



So paar jaar gelede in Pietersburg ry ek met my bergfiets teen 'n skotige opdraende uit. Omdat ek "ras-eg" is moet ek nogal 'n beduidende hoeveelheid sonbrandolie op my ligte velletjie sit. Daarmee saam is dit warm… Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 21 Januarie 2010 om 15:12 — Geen Kommentaar

Kontak 22 Januarie 2010

Liewe vriende,



Veral vir ouers met skoolgaande kinders is die begin van die jaar BAIE bedrywig en propvol aktiwiteite. Vir ons ander is dit op vele ander maniere ‘n gejaag en wil mens alles aan die gang kry. Ander weer is dalk nie so gejaag nie, maar daar is ’n ander dinamiek wat jou dryf. Ek hoop dat daar kom gou ’n groter rustigheid en vaste patroon en dat mens kan werk en vooruitsien na ’n jaar met ’n baie uitdagings. Maar veral dat jy ook sal tyd kry vir jouself.



Dis… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 21 Januarie 2010 om 8:39 — Geen Kommentaar

Kontak 22 Januarie 2010

Dagsê

Daar’s was in my jongdae ’n lied wat ons as studente altyd gesing het, wat sê... ’n vreemdeling, is maar net ’n vriend wat jy nog nie ken nie. Een van die uitdagings in ons verstaan van gemeente wees hierdie jaar, het juis te doen met hoe ‘steek ek ’n grens oor’... hoe raak ek vir daai vreemdelinge op my pad ’n vriend wat hy / sy nog net nie ken nie. Laat my dink aan die storietjie wat ’n seker William White vertel het van ‘engele of verdraagsame mense’.



Daar was drie… Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 20 Januarie 2010 om 22:31 — Geen Kommentaar

Kontak 22 Januarie 2010

Liewe Lidmaat,



Daar is een wonderlike gawe van God wat so vanselfsprekend is dat mense min daarvoor dankie sê: Ons verstand! Soveel filosowe, sielkundiges en teoloë het al die punt gemaak dat ‘n mens se verstand ‘n ingrypende invloed op jou lewe het.



Romeine 12:2 “… maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.” Jou verstand is ‘n kritiese bron vir vernuwing wat God wil gebuik. Kyk byvoorbeeld na hierdie verhaal van iemand wat die gawe van denke… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 20 Januarie 2010 om 21:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 17 Januarie 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 18 Januarie 2010 om 8:27 — Geen Kommentaar

Kontak 15 Januarie 2010

Liewe vriende,



Ons bid dat jy in 2010 elke dag die Here se genade en teenwoordigheid op ‘n spesiale manier sal ervaar en dat dit vir jou en jou familie ‘n mooi jaar sal wees.



Voor ek by die gedig, wat aansluit by ons nuwejaarswense vir jou, kom net die volgende: Gaan kyk gerus op die webbladsy van die gemeente na algemene nuus en by my “blog” vir wie ons voorbidding kan doen en ander nuus in ons wyk.



Terug by die gedig en 2010... aan die einde van die gedig van… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 13 Januarie 2010 om 23:51 — Geen Kommentaar

Kontak 15 Januarie 2010: Motorfietse in die kerk!

Liewe Lidmate!



Mens hoor 'n motorfiets nie altyd op dieselfde manier nie. Daar is 'n hele paar veranderlikes: afstand; omgewing en toestand van die motorfiets. In die praktyk beteken dit dat ek langs 'n renbaan kan staan en die verbygaande motorfietse as raserig kan beleef. Op 'n plaas kan die vierwiel fiets ver klink wanneer die ryers aan die anderkant van die plaas werk.



Dieselfde geld vir hoe ons God ook hoor. Die skrywer van Ps 13 het iets daarvan beleef toe hy in die… Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 13 Januarie 2010 om 19:47 — Geen Kommentaar

Kontak 15 Januarie 2010

Die fluitjie het geblaas en die spel het begin! Almal hardloop rond. Die probleem met die spel van die lewe is daar soveel balle is! Op watter bal moet ek my oog hou? Net by die werk is daar meestal soveel nuwe projekte, soveel mense wat aandag en uitsette vra, kinders, ouers, vriende, kerk en dan nog al die persoonlike dinge! Ek moet elke uur kies tussen dié dinge wat ek kan doen, wat ek wil doen, wat ek moet doen en wat ander dink ek moet doen. Hoe kies ek?



Daar is… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 13 Januarie 2010 om 17:30 — Geen Kommentaar

Kontak 15 Januarie 2010

Dagsê

Mag 2010 vir jou die beste jaar van jou lewe wees.



Ek wil sommer so 'n paar gedagtes met jou deel uit die preek wat ek die eerste Sondag die jaar in Lynnwood gehad het oor die Emmauspad wat ek dalk hierdie 2010 sal moet loop. Lukas vertel hier aan die einde van sy Evangelie van twee mense wat gedisoriënteerd, kwaad en diep teleurgesteld daai eerste Sondag na die kruisiging oppad terug Emmaus toe is, dis so ±12 km buite Jerusalem... terug huistoe sonder om te weet hoe nou… Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 13 Januarie 2010 om 14:27 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2021

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service