Geseënde 2021 vir jou!
Opgelaai deur NGL Admin op 28 Januarie 2011 om 10:24 — Geen Kommentaar
Liewe Vriende,
Daar word 'n mooi storie vertel oor dr Albert Einstein wat op 'n dag op 'n trein uit New York oppad was. Toe die kondukteur met sy rondte begin, het Einstein begin soek vir sy kaartjie. Dit was nie in een van sy sakke nie, ook nie in sy aktetas nie. Toe die kondukteur by hom kom, was hy op die vloer, hande-vier-voet besig om sy kaarjie te soek. Die kondukteur herken hom en sê: "moenie bekommerd wees om die kaartjie te kry nie, dr Einstein, ek vertrou u." Einstein kyk…
MeerOpgelaai deur Pieter Oosthuizen op 27 Januarie 2011 om 7:51 — Geen Kommentaar
Op skool was een van die speletjies wat ons soms gespeel het om jouself belaglik te laat lyk, as jy loop en jouself pootjie. Die jammerte is net dat ons steeds later in die lewe aanhou om onsself te pootjie. Mense pootjie hulself as hulle ego so groot word dat hulle oor hulleself val. En hoe belaglik lyk ons dan nie!
Een van die grootste bevrydings wat mens ooit kan beleef is die proses van bevryding van jou ego. Ego word dan gedefineer as my selfpersepsie waarmee ek myself…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 26 Januarie 2011 om 22:00 — Geen Kommentaar
Dagsê
Jakobus was toentertyd van mening dat 'n mens bly moet wees elke keer as jou geloof getoets raak (die ou Afrikaanse vertalings het dit vertaal met... as daar beproewinge / versoekings oor jou pad kom), omdat dit goed vir jou geestelike lewe is. Want, sê Jakobus... die slegte dinge wat met jou gebeur, toets of jy werklik die Here vertrou. As dit met jou sleg gaan, leer jy juis om nader aan die Here te leef, want so groei 'n mens om naderhand 'n geestelike grootmens te raak wat…
MeerOpgelaai deur Johann Voges op 26 Januarie 2011 om 14:48 — Geen Kommentaar
Liewe lidmate
Oor spreek in tale lees ek weer 'n paar interessante dinge. Spreek in tale was nie vreemd vir mense in Korinte nie want dit het ook in tempels van afgode gebeur. Wanneer dit tussen gelowiges gebeur, gee Paulus wel die volgende riglyn:
[1] daar moet iemand wees om die tale te verduidelik anders moet die spreker dit liewers by die huis doen;
[2] die goeie orde van die gemeente bly baie belangrik. Daar mag dus nie drie of vier mense wees wat…
MeerOpgelaai deur Peet Crous op 25 Januarie 2011 om 17:27 — Geen Kommentaar
Opgelaai deur NGL Admin op 21 Januarie 2011 om 8:40 — Geen Kommentaar
Liewe Vriende,
Dit is goed om terug te wees na 'n lekker lang vakansie en weer op dié manier kontak te maak. Ons bid dat 2011vir jou en die mense na aan jou, 'n tyd sal wees waarin julle, onder alle omstandighede, die Here se liefde, sorg en nabyheid, die volheid van Sy betrokkenheid in jou lewe, op besondere maniere sal ervaar.
Die teenwoordigheid van die Here was vir Moses só belangrik, lees ons in Exodus 33, dat hy weier om verder te trek as hy nie verseker is dat die Here…
MeerOpgelaai deur Pieter Oosthuizen op 20 Januarie 2011 om 7:13 — Geen Kommentaar
Dagsê
Sommanet so 'n bietjie gewonder oor watter fonteine ek vir die 2011 langs die pad gaan nodig kry om in hierdie jaar ook die lewe te kan geniet... toe lees ek dat iemand onbekend eenkeer gesê het... ek het vir die Here so baie dinge gevra vir 2011 om die lewe te kan geniet. Toe het die Here vir my die lewe gegee sodat ek baie dinge kan geniet.
Maar proe sommer ook 'n bietjie aan hierdie paar bekertjies water wat ek by Langenhoven gekry uit sy boek,…
MeerOpgelaai deur Johann Voges op 19 Januarie 2011 om 19:00 — Geen Kommentaar
Ons kultuur is haastig. Alles moet dadellik of baie gou in "gou-teng" gebeur! Soms leef ons met dieselfde verwagting oor ons binnewêreld: Alles moet sommer dadelik verander of reg wees.
As jy egter mooi oplet sal jy agterkom dat God met elkeen 'n unieke pas het. Soms is daar vinnige dinamiese vernuwing, ander keer weer is die groei so stadig dat ons dit amper nie kan sien nie. Maar alles vra volharding.
Die Bybel praat gereeld oor die waarde van geduld en…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 19 Januarie 2011 om 14:00 — Geen Kommentaar
Liewe lidmate
'n Bekende teoloog skryf 'n interessante ding: " ... hoekom ons weer koninkryk-aangedrewe moet raak i.p.v. nog meer kerklik betrokke." Hoe dan nou? Is daar nie gereeld in ons gemeente 'n oproep om betrokke te wees by sake wat die gemeente raak nie?
Miskien moet ek hier begin: getalle is vir sommige gelowiges 'n sleutel tot sukses. Volgende jaar moet daar meer lidmate betrokke by die gemeente wees en ons het 'n vyfpunt plan om dit te…
MeerOpgelaai deur Peet Crous op 18 Januarie 2011 om 12:56 — Geen Kommentaar
Opgelaai deur NGL Admin op 17 Januarie 2011 om 9:00 — Geen Kommentaar
Dagsê
Ek hoop dat jy 'n mooi feestyd en ruskansie gehad het en dat Januarie sover sagkens met jou gewerk het... Mag jy in 2011 verwonderd bly oor die manier hoe die Here die jaar se pad elke tree met jou gaan bly saamloop. Mag jy elke keer uit jou skoene verras…
MeerOpgelaai deur Johann Voges op 12 Januarie 2011 om 18:30 — Geen Kommentaar
Ons wens mekaar 'n "voorspoedige nuwe jaar" toe. Wat bedoel ons daarmee?
Bedoel jy daarmee dat iemand 'n jaar het waarin alles net goed sal gaan? Wens jy iemand 'n jaar toe vol gemak, sonder siekte, worsteling, konflik en mislukkings?
Miskien moet ek eerder vra: Hoe lyk 'n "goeie jaar" vir jou? Is dit 'n jaar waarin jy in alle opsigte suksesvol is, sonder om te veel te werk of swaar te kry?
Natuurlik is swaarkry en lyding nie lekker nie. …
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 12 Januarie 2011 om 16:30 — Geen Kommentaar
Liewe lidmate
Taal verander vinnig! Wanneer my tiener kinders vir my 'n sms stuur, moet ek gereeld onrafel wat hulle eintlik vir my wil meedeel. So moet die boodskap van God in nuwe taal oorgeskryf word en dit op 'n gereelde basis sodat dit vir elke nuwe generasie sin kan maak. Om daarin te slaag, moet ons eerstens weet dat "kerk" nie hoofsaaklik iets is waarheen ek twee tot drie keer per maand gaan nie. Die "kerk" is ons! Saam met die leiers van die gemeente is jy…
MeerOpgelaai deur Peet Crous op 12 Januarie 2011 om 12:53 — Geen Kommentaar
Opgelaai deur NGL Admin op 7 Januarie 2011 om 9:20 — Geen Kommentaar
2021
2020
2019
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
Welkom by
Lynnwood Gemeente
© 2021 Created by NGL Admin.
Powered by