Februarie 2011 Blog Artikels (21)

Eredienste

SONDAE



08:30 Erediens in die kerkgebou Sussexlaan

10:10 Erediens (Informeel) in die kerkgebou Sussexlaan

         (geen gedurende vakansies en langnaweke)

10:10 Kleuterkerk (slegs wanneer daar Informele Erediens is)

18:30 Aanddiens in die Kerkgebou Sussexlaan (gaan voort tydens vakansies en langnaweke)

09:00 Erediens by Lynnwood Oord (soos per Kalender)

Bestel CD's van…
Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 27 Februarie 2011 om 23:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 27 Februarie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 24 Februarie 2011 om 10:34 — Geen Kommentaar

Kontak 24 Februarie 2011

Liewe Vriende,

Voor ek by die gedagte vir die week kom, wil ek julle uitnooi om 2 gesprekke oor: "Hoe ek myself sien, het 'n invloed op ander en myself," te kom bywoon. Petro Barnard en ek bied dit aan op 10 en 17 Maart om 18:00 in lokaal A21, as deel van Caritas-bediening se reeks onderwerpe die jaar. Hou asseblief die aankondigings dop en laat weet die kantoor as jy van plan is om dit by te woon.

Daar is verskeie redes waarom sommige mense moeilike situasies en…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 24 Februarie 2011 om 8:23 — Geen Kommentaar

Kontak 25 Februarie 2011 God in die Goeie

Wanneer mense in 'n doodloopstraat beland, of werklik groot uitdagings in die gesig staar, roep hulle tot God om hulp.  Natuurlik is daarmee niks verkeerd nie, die Psalms is vol daarvan.  Ons kan met vrymoedigheid na God gaan in tye van beproewing!

 

Maar maak ons net ons lewens oop vir die werking van God as dit met ons sleg gaan?  Is God maar net die "911"-lyn wat ek bel as daar probleme is?  Indien wel, mis jy soveel uit…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 23 Februarie 2011 om 20:30 — Geen Kommentaar

Kontak 24 Februarie 2011

Dagsê

Daar word vertel dat Abraham Lincoln op ’n stadium baie ontsteld en ontnugter was omdat hy as president magteloos gevoel het teen die onreg wat in Amerika net aanhou vererger het. Eendag sê hy toe vir een van sy vriende... ek wens so ek kan God blameer vir al die armoede, hongersnood en onreg hier in Amerika en sommer vir die hele wêreld s’n ook. Ek wens ek kan Hom vra waarom Hy dan niks daaraan gedoen kry nie. Nou, wat keer jou om dit te doen, wou die vriend weet.…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 23 Februarie 2011 om 16:46 — Geen Kommentaar

25 Februarie 2011. Is tradisie goed vir ons?

Liewe lidmate

 

Elke generasie en elke groep mense het bepaalde woorde wat hulle kenmerk.  Ook het elke gerasie of versameling mense begrippe waaroor hulle frons.  Net honderd jaar gelede sou "doodstraf" glad nie 'n vreemde woord gewees het nie.  Vandag is dit 'n ander saak en doodstraf word dikwels gekoppel aan despote en ander vorme van swak wetstoepassing.  "Tradisie" is vir sommige mense ook 'n frons-woord.  Mens gaan immers nie oor tradisie kerk toe nie en bely ook nie…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 23 Februarie 2011 om 11:39 — Geen Kommentaar

Afkondigings 20 Februarie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 23 Februarie 2011 om 10:11 — Geen Kommentaar

Kontak 18 Februarie 2011

Liewe Vriende,

Stephen Covey skryf in die voorwoord van 'n boek deur Alex Pattakos, dat hy tydens 'n "sabbatical" in Hawaii, op die volgende anonieme aanhaling, afgekom het.

   Between stimulus and response, there is a space.

   In that space lies our freedom and our power to choose our response.

   In our response lies our growth and our happiness.

Mens moet eintlik die woorde 'n paar keer lees en bedink om die betekenis…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 17 Februarie 2011 om 7:18 — Geen Kommentaar

18 Februarie 2011. Goeie gewoontes

Liewe lidmate

 

As deel van die reeks wat ek doen oor redes hoekom 'n mens in die kerk sou kom, lees ek hierdie rede raak:  goeie gewoonte.  Nogal 'n swaar een om te sluk, want om uit pure gewoonte kerk toe te gaan is nie vir almal 'n goeie rede nie.  As dit blote gewoonte is, word dit deel van die sleur van die lewe - ons doen dit maar sonder veel oortuiging.

 

Die ander kant van die saak is natuurlik:  gaan mens net kerk toe wanneer ek so voel?  Ly ons dan nie…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 16 Februarie 2011 om 20:03 — Geen Kommentaar

Kontak 18 Februarie 2011 Goeie Nuus!

Ons het nie die kultuur om "amen!" of halleluja" te roep in 'n erediens nie, maar ek wou heeltyd "'amen" sê op Pieter Oosthuizen se skitterende preek sondagoggend.  Die hoogtepunt vir my was die aanhaling van die verskil tussen godsdiens en Evangelie (Goeie Nuus).  In elkeen van die sinne is 'n diep diep waarheid opgesluit.  Die hart van gereformeerde spiritualiteit word daarin verwoord.

 

Ek nooi jou om dit rustig een-vir-een deur te lees en oop te wees dat die waarheid daarin…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 16 Februarie 2011 om 13:22 — Geen Kommentaar

Kontak 18 Februarie 2011

Dagsê

Met Valentyn’s kleure en geure wat nog oral in die lug rondhang... miskien sommer ’n verdwaalde gedagte of twee oor die liefde-storie wat ons almal altyd so baie oor te sê het, maar so min van gedoen kry. Iemand het eenkeer gesê... liefde is soos die vyf broodjies en twee visse wat Jesus op ’n keer in sy hande gehad het... hoe meer jy daarvan weggee, hoe meer word dit.

 

Kom ek deel met jou in die dampkring van Valentyn hierdie mooi liefdesverklaring wat ek…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 16 Februarie 2011 om 7:44 — Geen Kommentaar

Die verskil tussen godsdiens en die Evangelie

Die verskil tussen Godsdiens en die Evangelie (goeie nuus).

Na ‘n gesprek met Johan Jooste het hy aan my die volgende gestuur. Daarna het ek verder gaan soek op die internet en ‘n baie langer weergawe gekry. Hier is dit wat ek Sondag 13 Februarie 2011 tydens die erediens gebruik het.

 Religion or the Gospel?

1 Religion is good views

   but the Gospel,  good news.

2 Religion is about the things man does for God,

   but…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 14 Februarie 2011 om 21:40 — Geen Kommentaar

Afkondigings 13 Februarie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 11 Februarie 2011 om 11:07 — Geen Kommentaar

Kontak 10 Februarie 2011

Liewe Vriende,

Mens kry soms die idee dat baie lidmate die persepsie het dat ons kerk nie praat met die staat en ander rolspelers wanneer daar dinge gebeur wat ons nie aanstaan nie. Die media rapporteer nie regtig oor die kerk se standpunte nie, tensy dit oor sensasionele gebeure of standpunte gaan.

Gelukkig is dit anders. Ons kerk het weer die week, soos in die verlede oor ander sake, 'n baie sterk bewoorde verklaring uitgereik, wat soos volg lui: "Die Moderatuur van die…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 10 Februarie 2011 om 6:56 — Geen Kommentaar

11 Februarie 2011 Ontdek jou Fonteine

Kan jy glo dit is al die middel van Februarie?!  Hierdie tyd van die jaar loop die tyd en verantwoordelikhede vinnig.  Ek hoor iemand sê grappenderwys hy kan nie wag vir die Desember vakansie nie.  Hoe hou mens die pas vol met energie en motivering?

 

Elkeen van ons is anders, maar daar is fonteine tot ons beskikking waar ons nuwe energie en perspektief kan ontvang.  God ontmoet ons daar: in die windstilte, in die brandende braambos,in die vreemdeling, geliefde, musiek, natuur…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 9 Februarie 2011 om 21:00 — Geen Kommentaar

Kontak 9 Februarie 2011

Dagsê

Die ou mense het altyd gesê... daar is net drie ‘te’s wat nie na sonde ruik nie... te voet, te perd en tevrede. Die gefoeter is net dat die tevrede raak storie nie altyd oral ewe maklik gebeur nie. Soos ’n bekende ou wêreldse Franse skrywer ene Francois la Rochefoucauld1613 – 1680 in sy tyd al gesê het... dis moeilik om tevrede te wees as jy min het, maar dis onmoontlik as jy baie het.

 

Soos die storie wat…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 8 Februarie 2011 om 15:00 — Geen Kommentaar

11 Februarie 2011. Hoekom sal ek kerk toe gaan?

Liewe lidmate

 

Tussen die jare 1966 en 1969 lei 'n Europese teoloog, van Ruler, aan 'n hartaandoening en kan nie self preek nie.  Hy kon egter in die kerk kom.  Gedurende hierdie tyd ervaar hy die kerk as 'n plek van diepe rus en dit help hom om sin in die lewe te ervaar.  In 1969 sien 'n boek uit sy pen die lig:  "Waarom zou ik naar de kerk gaan?"  Daarin gee hy 21 redes hoekom hy reken 'n mens in die kerk kan en moet kom.

 

In die komende weke gaan ek van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 7 Februarie 2011 om 8:36 — Geen Kommentaar

Afkondigings 6 Februarie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 3 Februarie 2011 om 12:14 — Geen Kommentaar

Kontak 3 Februarie 2011

 Liewe Vriende,

Ons het verlede week gepraat oor geloof wat nie bepaal word deur my intellektuele vermoëns of deur my dogmatiese oortuigings nie, ook nie 'n soort geloof waarmee ek "katvoet en fluitend in die donker loop" nie en ook nie beskryf kan word as net 'n positiewe ingesteldheid nie. Nee dis veel dieper, 'n innerlike wete dat God liefde is, my ook liefhet, 'n sekerheid dat God goed is, dat ek veilig by Hom is en dat die krag van die liefde baie sterker is as al die negatiewe…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 3 Februarie 2011 om 7:59 — Geen Kommentaar

Kontak 4 Februarie 2011 Werklike vryheid

'n Baie goeie geestelike begeleier sê gereeld in haar lesings dat die werklike merkteken van geestelike groei vryheid is!  Dink net vir 'n oomblik hoe diep bevryding een van die wonderlikste gawes is om te ontvang.

 

Gal 5:1 "Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie."

 

Dink net hoe wonderlik dit is om vry te wees van wettiese godsdienstige reëls, vry van die…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 2 Februarie 2011 om 22:00 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2021

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service