Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Maart 2011 Blog Artikels (13)

Kontak 23 Maart 2011

Liewe Vriende,

Ons beleef almal op een of ander manier dat ons teen 'n vinnige tempo leef. Die gevaar word al groter dat ons vergeet hoe om rustiger te word en tyd te maak om na te dink en te reflekteer oor ons lewe. Ons stop eerder om ons selfone te gebruik of ons e-posse na te gaan. Tyd gaan by ons verby, maar so ook die betekenis of sin van ons lewe.

Hoe sien ek die betekenis of sin in my lewe raak? Ons het verlede week gesien dat elke mens daaraan behoefte…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 24 Maart 2011 om 1:41 — Geen Kommentaar

25 Maart 2011. Prys die Here

Hallo liewe lidmate

 

Aan die vooraand van die herfs-vakansie dink ek nogal aan lofprysing.  Miskien inspireer die laaste rose van die seisoen my.  Dis 'n begrip wat ons Christene redelik gebruik, maar presies wat is die inhoud van lofprysing?  As ons daaroor praat, kan ons nie anders as om by die erediens te begin nie.  Lofprysing is gesetel in die lied wat ons sing, maar ook in die uitbundige bos blomme voor in die kerk.  Musiek doen dinge aan 'n mens - een jaar toe die…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 23 Maart 2011 om 17:50 — Geen Kommentaar

Kontak 23 Maart 2011

Dagsê

Die eerste kwartaal van 2011 is so vinnig verby soos wat dit begin het... ‘n kwartaal wat ons uit die liewe Here se fonteine tot ons beskikking gedrink het om ons 24/7 christenwees oral uitgeleef te kon kry. Ek het twee gebede raakgeloop wat iets verwoord van my eerste kwartaal worsteling by hierdie fonteine...

Geneviéve Graves se gebed...

Here, U wat hierdie mense liefhet wat ek nie kan verdra nie,

U wat die harte verstaan van hulle wat ek nie kan begryp nie,

U… Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 23 Maart 2011 om 16:49 — Geen Kommentaar

Kontak 23 Maart 2011 Laat die nuwe seisoen jou verander

Twee maande gelede het ek in Rietvlei Natuur Reservaat gaan fotos neem.  My asem is weggeslaan deur die pragtige lowergroen landskap, singende voëltjies en wild met hulle pasgebore kleintjies.  Verlede week het ek weer daar gaan ry en ek is getref deur die verandering in die seisoene.  Baie van die gras en blomme is reeds dood en bruin.  Bome se bare het begin verkleur.  Selfs die voëls was skaars en stil. Ek het toe maar fotos van die gras geneem.

 

Dit het gevoel asof die…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 22 Maart 2011 om 20:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 20 Maart 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 18 Maart 2011 om 10:02 — Geen Kommentaar

Kontak 17 Maart 2011

Liewe Vriende

 

Die predikantespan het besluit om hierdie week een boodskap in ons Kontak uit te stuur.  Ons doen dit omdat ons die afgelope naweek afgeskop het met 'n spesiale viering van ons gemeente se 50ste verjaarsdag.

 

Die vroeë christene het die Joodse oesfees wat 50 dae na pase gevier is, begin gebruik om pinkster te vier as 'n dag waarop die resultaat gevier is van wat Jesus met pase begin het. Dis ook hoe ons iets wil vier van die resultaat…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 17 Maart 2011 om 10:30 — Geen Kommentaar

11 Maart 2011. Lewe voluit!

Liewe lidmate

 

My studeerkamer kyk uit op ons tuin.  Die Witstinkhoute verloor hulle blare en die Olienhout staan nou op sy sterkste.  Op 'n gereelde basis is daar 'n verskeidenheid van geveerde vriende wat ons gesin vermaak.  Die Magrietjies blom al die grootste gedeelte van die jaar.   Die lewe is 'n lied!  Dink net aan al die wonderlike dinge wat ons kan deel:  uiteet; musiek en mooi plekke; kuier saam met vriende.  Dis net om die dinge te noem wat eerste in my gedagtes…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 11 Maart 2011 om 10:46 — Geen Kommentaar

Afkondigings 13 Maart 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 11 Maart 2011 om 10:25 — Geen Kommentaar

Kontak 10 Maart 2011

Liewe vriende,

Verlede week was ons predikante op 'n retreat, vandaar die feit dat ons nie 'n Kontak uitgestuur het nie. Die stilte en gesels oor jou lewensreis, waarmee die Here besig is in jou lewe en teologiese waarhede, was baie goed. Dan besef mens opnuut wat regtig betekenis in jou lewe gee.

Dit sluit ook aan by die tweede sleutelbeginsel waarvan Alex Pattakos praat. Ons het in die vorige Kontak oor elkeen se vryheid om jou gesindheid te kies gepraat. Vandag gaan dit oor…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 10 Maart 2011 om 7:55 — Geen Kommentaar

Kontak 11 Maart 2011 Die Stilte roep jou kliphard!

Daar is momente in die lewe waar stilte jou hard en duidelik roep.  In die afgelope week was daar 'n bybelstudiesgroep waar mense hulle aangrypende verhale vertel het.  Die reaksie was dat amal die roepstem van stilte gehoor het. Dis asof stilte jou oopmaak om die rykdom wat jy gehoor het te laat insyfer tot in jou kern.

 

Tydens die predikantespan se retreat verlede week het die atmosfeer van die retreatsentrum ons geroep om stil te word, om te kan luister.  Wanneer iemand dan…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 9 Maart 2011 om 12:00 — Geen Kommentaar

Kontak 9 Maart 2011

Dagsê

Die oudste vertaling wat ons van die Onse Vader het, is in koine (gewone) Grieks wat die wêreldtaal in Jesus se tyd was. Van hierdie vertaling is jare later ’n Aramese vertaling gemaak as ’n poging om te probeer verstaan hoe die plaaslike mense in Jesus se tyd wat almal Aramees gepraat het, Jesus ook, die gebed sou verstaan. Een van die strofes Matteus 6:12 in die Onse Vader uit Grieks vertaal, klink op Afrikaans so... vergeef ons ons oortredinge,…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 8 Maart 2011 om 18:25 — Geen Kommentaar

Kontak ons!

Lynnwood Kerkkantoor:



Posbus 36430, MENLO PARK, 0102

Tel 012 348 1245

Faks 086 645 3711

E-pos: kerkkantoor@nglynnwood.co.za

Kantoorure: Maandag - Donderdag 07:30 - 13:00 en Vrydag 08:00 - 12:00

Bankbesonderhede:

ABSA Brooklyn Court

Rekening nr:  540 580 014

Tak nr: 632005



Vir inligting oor huwelike, doop of begrafnisse kontak gerus die…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 6 Maart 2011 om 22:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings | 6 Maart 2011

 

Kliek hier om die nuutste afkondigings in pdf formaat af te…

Opgelaai deur NGL Admin op 4 Maart 2011 om 11:55 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service