Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Junie 2011 Blog Artikels (13)

Kontak 23 Junie 2011 - liefde wat vrees verdryf?

Liewe Vriende,

Voor ek by die gedagtes vir vandag kom, eers twee sake.

  1. Op Donderdagaande 28 Julie en 4 Augustus nooi Petro Barnard en ek almal wat belangstel om iets meer te wete te kom van hoe verskillende temperamente in verhoudings funksioneer, om die twee aande te kom bywoon. Die sessies sal van 18:00 tot 19:30 duur. Enigiemand is welkom, enkellopendes en egpare. Ons beplan om êrens in September 'n Sondagsessie oor die die impak…
Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 23 Junie 2011 om 7:39 — Geen Kommentaar

24 Junie 2011. Suksesvolle gemeentes

Hallo!

 

Wanneer is gemeentes suksesvol?  Sommige mense reken dis daardie gemeentes wat die beste programme, soos kampe, kan aanbied.  Ander dink weer dat 'n besonder begaafde prediker die gemeente se identiteit moet bepaal.  In ons omgewing is daar 'n oordosis aan geestelike programme - te kies en te keur.  Nog Christene reken dat mens net van een gemeente / kerk na 'n ander een moet skuif waar daar meer lewe is.

 

Ten spyte van toegang tot kratte vol geestelike…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 22 Junie 2011 om 17:44 — Geen Kommentaar

Minister Trevor Manuel se toespraak in die Parlement en verwysing na NG Lynnwood

Na 'n paar versoeke plaas ons die teks van Minister Trevor Manuel  in die Parlement waarin oa na NG Lynnwood verwys word.  Die verwysing is in die inleiding van die toespraak.

 

Toespraak: Mnr Trevor Manuel


Opgelaai deur Immanuel van tonder op 22 Junie 2011 om 14:00 — Geen Kommentaar

Kontak 25 Junie 2011 Dansbaan op die Netbalveld

Op Jeugdag was ons by die Gauteng Nebal kampioenskappe in Boksburg. Dit was 'n regte grou wintersdag met ysige warrelwinde wat elke nou en dan onplesierig gewaai het.

 

Op 'n stadium tussen twee wedstryde het daar 'n vreeslike warrelwind gewaai wat die blare van 'n groot boom…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 22 Junie 2011 om 13:30 — 1 Kommentaar

Afkondigings 19 Junie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 17 Junie 2011 om 10:47 — Geen Kommentaar

Kontak 17 Junie 2011 My rol in die bou van vertroue

Liewe vriende,

Wat is die rol wat elkeen van ons speel in die bou van vertroue? Dis met die gedagtes in my kop vir die week se Kontak, wat ek toe gou kyk wat Peet en Immanuel geskryf het. Ons het nie afgespreek om oor vertroue te skryf nie, maar dieselfde tema lê op ons harte, al is dit uit verskillende hoeke!

In 'n nuusbrief oor die onderwerp, het Maritz Navorsing gewys dat net 11% werknemers sterk vertroue in hul organisasies se leiers het. Erger nog: net 7% werknemers het…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 17 Junie 2011 om 8:25 — Geen Kommentaar

Kontak 17 Junie 2011 NG Lynnwood in die Parlement genoem

Soms neem die Here ons na plekke en op reise wat ons verstom.  Die afgelope tyd het ek ervaar hoe die Stroom van God se koninkrykswerk mens kan meesleur...

 

Derde Kwartaal tema in die gemeente: Gemeenskap

Ons het die afgelope kwartaal nagedink oor hoe die kerk 'n verskil in die gemeenskap kan maak. Dit is een van die kern redes vir die bestaan van die kerk, nl om die koninkryk van God op elke terrein van die lewe te laat kom!   Ek het egter nog altyd die…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 16 Junie 2011 om 21:30 — Geen Kommentaar

17 Junie 2011. Vertroue

Liewe lidmate.

 

As jy dinge stadig wil sien gebeur, laat mense mekaar wantrou.  Wanneer mense mekaar wantrou, is daar meer kommissies, meer prosedures en vorms om in te vul.  Dis wat S Covey reken.  In teenstelling met Suspisie Kommisies, wen vetroue daar waar verhoudings die bo toon voer.  As mens die beste van mense verwag, wen vertroue en dis die taal van 1 Kor 13.

 

Die lewe het 'n vreemde manier om ons agterdogtig teenoor mekaar te maak; vreemdelinge en…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 15 Junie 2011 om 19:55 — Geen Kommentaar

Afkondigings 12 Junie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 10 Junie 2011 om 9:29 — Geen Kommentaar

Kontak 8 Junie 2011

Liewe Vriende,

Eerskomende Sondag vier ons Pinksterfees. Dink mens aan die gebeure rondom die uitstorting van die Heilige Gees en die voorafgaande gebeure: ons Here Jesus se kruisiging, opstanding en hemelvaart, kan mens nie anders as met beskeidenheid daaroor te dink en te praat nie. Ons het met 'n misterie te doen; met God wat ánders en gróter as ons is. 'n God wat nie daar "anderkant" of "oorkant" is nie, maar hiér by ons, ín ons. Al kan ons Hom nie sien of voel nie. Soos: ons weet…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 8 Junie 2011 om 21:09 — Geen Kommentaar

Kontak 10 Junie 2011 Die deuntjie wat my nie wil los nie

Soms hoor mens ‘n lied op die radio en dan wil die refein jou net nie los nie.   As jy jouself weer kry, dan fluit of sing jy dit oor-en-oor.... Dinsdagaand het Johann Voges by Pinkster ‘n aangrypende boodskap gelewer wat so oor-en-oor in my gedagtes sing. (Terloops, die preke is op die tuisblad van ons web www.nglynnwood.co.za in teksformaat beskikbaar en op CD by die kantoor)

 

Hy het nagedink oor wat dit beteken om werklik “geseënd” te wees.   Ons…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 8 Junie 2011 om 16:00 — Geen Kommentaar

10 Junie 2011. Leef gulsig!

Liewe lidmate

 

Miskien is gulsigheid deel van ons gene of ons samestelling, maar gereeld lyk dit asof ons mense nie genoeg kry van mag, roem, geld en besittings nie.  Lynreg teenoor dit staan die Man van Nasaret wat nie mense besoek met 'n koningsgewaad aan nie.  Die mense wat Hom omring het, was nie staatsmanne met kratte vol gesag nie, maar gewone mense wat met gewone dinge in die lewe sukkel.  In sy reistas kon mens net die nodigste sien. 

 

Om Jesus te volg,…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 8 Junie 2011 om 10:25 — Geen Kommentaar

Afkondigings 5 Junie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 3 Junie 2011 om 10:07 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service