Geseënde 2021 vir jou!
Liewe Vriende,
Voor ek by die gedagtes vir vandag kom, eers twee sake.
Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 23 Junie 2011 om 7:39 — Geen Kommentaar
Hallo!
Wanneer is gemeentes suksesvol? Sommige mense reken dis daardie gemeentes wat die beste programme, soos kampe, kan aanbied. Ander dink weer dat 'n besonder begaafde prediker die gemeente se identiteit moet bepaal. In ons omgewing is daar 'n oordosis aan geestelike programme - te kies en te keur. Nog Christene reken dat mens net van een gemeente / kerk na 'n ander een moet skuif waar daar meer lewe is.
Ten spyte van toegang tot kratte vol geestelike…
MeerOpgelaai deur Peet Crous op 22 Junie 2011 om 17:44 — Geen Kommentaar
Na 'n paar versoeke plaas ons die teks van Minister Trevor Manuel in die Parlement waarin oa na NG Lynnwood verwys word. Die verwysing is in die inleiding van die toespraak.
Opgelaai deur Immanuel van tonder op 22 Junie 2011 om 14:00 — Geen Kommentaar
Op Jeugdag was ons by die Gauteng Nebal kampioenskappe in Boksburg. Dit was 'n regte grou wintersdag met ysige warrelwinde wat elke nou en dan onplesierig gewaai het.
Op 'n stadium tussen twee wedstryde het daar 'n vreeslike warrelwind gewaai wat die blare van 'n groot boom afgestroop het en die los stof hoog die lug in laat warrel het. Die meisies op…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 22 Junie 2011 om 13:30 — 1 Kommentaar
Liewe vriende,
Wat is die rol wat elkeen van ons speel in die bou van vertroue? Dis met die gedagtes in my kop vir die week se Kontak, wat ek toe gou kyk wat Peet en Immanuel geskryf het. Ons het nie afgespreek om oor vertroue te skryf nie, maar dieselfde tema lê op ons harte, al is dit uit verskillende hoeke!
In 'n nuusbrief oor die onderwerp, het Maritz Navorsing gewys dat net 11% werknemers sterk vertroue in hul organisasies se leiers het. Erger nog: net 7% werknemers het…
MeerOpgelaai deur Pieter Oosthuizen op 17 Junie 2011 om 8:25 — Geen Kommentaar
Soms neem die Here ons na plekke en op reise wat ons verstom. Die afgelope tyd het ek ervaar hoe die Stroom van God se koninkrykswerk mens kan meesleur...
Derde Kwartaal tema in die gemeente: Gemeenskap
Ons het die afgelope kwartaal nagedink oor hoe die kerk 'n verskil in die gemeenskap kan maak. Dit is een van die kern redes vir die bestaan van die kerk, nl om die koninkryk van God op elke terrein van die lewe te laat kom! Ek het egter nog altyd die…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 16 Junie 2011 om 21:30 — Geen Kommentaar
Liewe lidmate.
As jy dinge stadig wil sien gebeur, laat mense mekaar wantrou. Wanneer mense mekaar wantrou, is daar meer kommissies, meer prosedures en vorms om in te vul. Dis wat S Covey reken. In teenstelling met Suspisie Kommisies, wen vetroue daar waar verhoudings die bo toon voer. As mens die beste van mense verwag, wen vertroue en dis die taal van 1 Kor 13.
Die lewe het 'n vreemde manier om ons agterdogtig teenoor mekaar te maak; vreemdelinge en…
MeerOpgelaai deur Peet Crous op 15 Junie 2011 om 19:55 — Geen Kommentaar
Liewe Vriende,
Eerskomende Sondag vier ons Pinksterfees. Dink mens aan die gebeure rondom die uitstorting van die Heilige Gees en die voorafgaande gebeure: ons Here Jesus se kruisiging, opstanding en hemelvaart, kan mens nie anders as met beskeidenheid daaroor te dink en te praat nie. Ons het met 'n misterie te doen; met God wat ánders en gróter as ons is. 'n God wat nie daar "anderkant" of "oorkant" is nie, maar hiér by ons, ín ons. Al kan ons Hom nie sien of voel nie. Soos: ons weet…
MeerOpgelaai deur Pieter Oosthuizen op 8 Junie 2011 om 21:09 — Geen Kommentaar
Soms hoor mens ‘n lied op die radio en dan wil die refein jou net nie los nie. As jy jouself weer kry, dan fluit of sing jy dit oor-en-oor.... Dinsdagaand het Johann Voges by Pinkster ‘n aangrypende boodskap gelewer wat so oor-en-oor in my gedagtes sing. (Terloops, die preke is op die tuisblad van ons web www.nglynnwood.co.za in teksformaat beskikbaar en op CD by die kantoor)
Hy het nagedink oor wat dit beteken om werklik “geseënd” te wees. Ons…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 8 Junie 2011 om 16:00 — Geen Kommentaar
Liewe lidmate
Miskien is gulsigheid deel van ons gene of ons samestelling, maar gereeld lyk dit asof ons mense nie genoeg kry van mag, roem, geld en besittings nie. Lynreg teenoor dit staan die Man van Nasaret wat nie mense besoek met 'n koningsgewaad aan nie. Die mense wat Hom omring het, was nie staatsmanne met kratte vol gesag nie, maar gewone mense wat met gewone dinge in die lewe sukkel. In sy reistas kon mens net die nodigste sien.
Om Jesus te volg,…
MeerOpgelaai deur Peet Crous op 8 Junie 2011 om 10:25 — Geen Kommentaar
2021
2020
2019
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
Welkom by
Lynnwood Gemeente
© 2021 Created by NGL Admin.
Powered by