Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Julie 2011 Blog Artikels (9)

Afkondigings 31 Julie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 28 Julie 2011 om 11:22 — Geen Kommentaar

Konak 28 Julie 2011 Noorweë massamoord laat mens dink

Liewe vriende,

Die grusame massamoord in Noorweë, deur waarskynlik een jongman, was ons nuusblaaie en TV-skerms vol die afgelope week. Ontstellende beelde van dood en verwoesting, getraumatiseerde jongmense en 'n volk in rou. Dis ook nie aldag dat jy 'n konings-egpaar in trane sien nie! En amper teenstrydig hiermee, die mooi prentjie van plate blomme ter herinnering aan die wat gesterf het.

Hierdie gebeurtenis maak iets anders los in mens se gedagtes: dit is nie net…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 28 Julie 2011 om 8:23 — Geen Kommentaar

Riaan - 24 Julie 2011

Riaan, baie dankie vir die besondere wyse waarop jy met jou ongelooflike orrelspel vanoggend Fay se koms in die gemeente gevier het. Dit was 'n geval van rillings langs jou ruggraat! Jy is die beste! Ons is voorwaar geseën met jou gawes wat ons so onverdiend ontvang. Sue

 

Opgelaai deur Sue Visser op 24 Julie 2011 om 14:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings 24 Julie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 21 Julie 2011 om 10:53 — Geen Kommentaar

Kontak 20 Julie 2011 - 'n Nuwe dominee, 'n nuwe fase ...

Liewe Vriende,

Hierdie naweek verwelkom ons ds. Fay van Eeden en haar man Peet, in ons gemeente. Sy is ons nuwe dominee vir die Nuwe Generasiebediening en word bevestig by die aanddiens. Sy preek ook die oggend in die kerk.

Hulle afskeid by Nooitgedachtgemeente (Bronkhorstspruit) verlede Sondag, die proses wat ons deurloop het om haar te beroep, na Zander se vertrek en die feit dat dominees kom en gaan in gemeentes, het my laat dink aan die rol wat dominees in gemeentes speel.…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 20 Julie 2011 om 22:04 — Geen Kommentaar

Kontak 20 Julie 2011

Dagsê

Kyk hierdie afgelope wintertyd waar jy mense hier in Pretoria gekry het wat nie jasse gedra het nie, was dit gewoon omdat hulle nie jasse gehad het nie. Ons is eintlik so bederf met Pretoria se gematigde klimaat dwarsdeur die jaar... maar hierdie winter het my weer bewus gemaak van seisoene. Soos die skrywer van Prediker sê.... om respek te hê vir die feit dat daar vir alles ’n bepaalde tyd / ’n geleentheid / ’n seisoen is om in te gebeur. Want as jy die bepaalde tyd /…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 20 Julie 2011 om 21:04 — Geen Kommentaar

Kontak 20 Junie 2011 Bevordering tot Kollega van God?

Dink jou in dat jy genooi word na jou baas se kantoor want hy wil iets baie belangrik aan jou meedeel.  Jy begin wonder: "Gaan hy my afdank?  Het ek iets verkeerd gedoen? Wil hy 'n nuwe taak aan my gee?  Wil hy dalk iets meer weet?"

 

Hy skuif sy stoel nader en leun oor die tafel: "Die rede hoekom ek jou na my kantoor genooi het, is om aan jou die goeie nuus mee te deel dat jy bevorder is!  Ek het 'n baie spesiale opdrag aan jou om my te help met 'n paar van my…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 20 Julie 2011 om 21:00 — 1 Kommentaar

22 Julie 2011. Hoekom is ons hier?

Liewe lidmate

 

Hoekom is ons hier op aarde?  Daar was een maal 'n geleerde man, wat vry vertaal, die volgende daaroor kwyt geraak het:  Waarom is ons hier op hierdie klein modder hopie; tollende in oneindige ruimte?  Ek het nie die vaagste benul nie en ek is seker daarvan dat niemand het nie.

 

Ek sou graag wil verskil.  Een van die maniere om sin uit die lewe te put, is om liefde te leef.  Dis nou van die liefde wat ons reeds by God ontvang het en gereeld van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 20 Julie 2011 om 15:18 — Geen Kommentaar

Afkondigings 17 Julie 2011

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 15 Julie 2011 om 9:23 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service