Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Augustus 2010 Blog Artikels (20)

Kontak 3 September 2010 Kuns, 'n poort na 'n ander wêreld

Die wêreld waarin ons leef is baie gesteld op feite, denke, statistieke en duidelike antwoorde. Ons wêreld bestaan egter uit meer as net denke; daar is oa ook die emosionele, spirituele, estetiese en sosiale. Iemand wat dus net die intellek ontwikkel word ongebalanseerd en verloor die volle rykdom van menswees.



Die kunste bied ons toegang tot die ander rykdomme van menswees. Deur na goeie musiek te luister besoek jy die wêreld van emosie en verhoudings. Kunswerke skep in…
Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 31 Augustus 2010 om 16:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings 29 Augustus 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 27 Augustus 2010 om 9:28 — Geen Kommentaar

Kontak 27 Augustus 2010

Liewe vriende,



Daleen en ek vertrek Donderdag (26 Aug) met verlof en ek sal die 10e September weer op my pos wees. Ek sal dus nie self 'n kontak uitstuur in die tyd nie. Julle kan met enigeen van die kollegas skakel, indien julle hulp nodig het.

Aangesien die predikante besig is met die jaarbeplanning vir 2011, van 13-17 September, vertrek ek reeds die 12e om die plek waarheen ons gaan, reg te kry en die kosaankope vroeg die Maandagoggend te doen. Die span is die aand van die 17e… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 25 Augustus 2010 om 21:38 — Geen Kommentaar

27 Augustus 2010. Maak gebed 'n verskil?

Hallo liewe lidmate

Tydens sy verblyf in Suid Amerika vertel Henri Nouwen die volgende: Niemand hoef my te oortuig van die noodsaaklikheid van gebed nie. Sonder gebed is irritasie my voorland; moegheid sluimer voor die deur; die Heilige Gees, wat my bewus moet maak van ander mense se nood, raak slegs 'n dowwe fluistering. Sonder gebed is my fokus dit waarheen ek op pad is. Ek raak nukkerig, wraakgierig en verstoot ander mense.

Verder vertel hy dat, wanneer dit…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 25 Augustus 2010 om 18:28 — Geen Kommentaar

Kontak 25 Augustus 2010

Dagsê

In die afgelope tyd was die koerantblaaie vol van wetenskaplikes wat hul mond uit te spoel…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 25 Augustus 2010 om 16:30 — Geen Kommentaar

Kontak 27 Augustus 2010 Asem nuwe Lewe in

Ek was die naweek by 'n kursus waarin die aanbieder haarself elke nou-en-dan onderbreek het om ons te vra om bewus te raak van hoe diep ons asemhaal! Die kwaliteit van ons asemhaling is baie keer 'n goeie aanduiding van hoe dit met jou binnewêreld gaan.



Let byvoorbeeld op wat gebeur in tye van spanning: ons asemhaling raak oppervlakkig en vinniger. Omdat mense in ons samelewing geduring onder spanning verkeer, word dit 'n gewoonte om oppervlakkig asem te haal. Dieselfde gebeur wanneer… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 24 Augustus 2010 om 9:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 22 Augustus 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 20 Augustus 2010 om 9:04 — Geen Kommentaar

Luister na die musiek

Hier kan jy solank luister na van die musiek uit die opkomende Emmaus Musical. Kliek op die play knoppie hieronder om 'n voorsmakie te kry van wat te wagte kan wees tydens die opvoerings.
---------------…


Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 19 Augustus 2010 om 12:00 — Geen Kommentaar

Kontak 20 Augustus 2010

Liewe Vriende,



Wanneer mens dink oor jou verhouding met die Here, jou gesprek met God en God se gesprek met jou, is ek baie dankbaar dat die Here ons toelaat om ons verhouding met Hom op 'n verskeidenheid van maniere in te rig. Lees ek die Bybel reg, is daar nie vaste voorskrifte vir die manier waarop ek moet bid nie.

Ek wil nie nou 'n lang stuk skryf oor gemeenskap met God nie, maar net 'n paar gedagtes met julle deel oor die betekenis van tyd en stilte in my verhouding met… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 18 Augustus 2010 om 23:34 — Geen Kommentaar

Kontak 20 Augustus 2010 Selfvertroue om te twyfel!

In 'n interessante artikel in die Finweek van 29 Julie word die vraag gevra "wat maak 'n uitstekende leier"? Natuurlik het mens verskillende leierskapstyle in verskillende situasies nodig. Jy kan nie met een leierskapstyl alles uitrig nie. Maar volgens prof Robert Sutton van Stanford universiteit is daar egter twee eienskappe wat mens in alle style nodig het: Selfvertroue en Twyfel! Selfvertroue gee rigting en twyfel maak jou oop om te… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 17 Augustus 2010 om 19:00 — Geen Kommentaar

22 Augustus 2010. Enigste kind

Liewe lidmate

Enigste kinders is selfsugtig want hulle het nooit geleer om te deel nie. Sosiaal sukkel hulle om aan te pas omdat hulle nooit geleer het om deel te wees van 'n groter groep nie. Ten minste is dit die mening wat baie mense, ongekontroleerd, huldig.

In "Time" van 19 Julie 2010 maak Lauren Sandler 'n sterk saak daarvoor uit dat enkel kinders nie noodwendig is soos wat ek dit beskryf het nie. Die mite is glo deur 'n ene Bill McKibben rondom 1896…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 16 Augustus 2010 om 17:45 — Geen Kommentaar

Afkondigings 15 Augustus 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 13 Augustus 2010 om 10:30 — Geen Kommentaar

Kontak 13 Augustus 2010

Liewe Vriende,



Soms voel mens onseker oor gebeure in jou lewe, of oor wat voorlê in vergaderings of oor wat jou werk of wat die dag sal oplewer, ens. Dan het ek al dikwels gehoor so 'n persoon sal vir vriende of familie sê: steek asseblief vir my 'n kersie op vanaand of brand vir my 'n kersie.…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 11 Augustus 2010 om 23:30 — Geen Kommentaar

Kontak 11 Augustus 2010

Dagsê…



Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 11 Augustus 2010 om 21:30 — Geen Kommentaar

Kontak 13 Augustus 2010 Broei of Breek werk nie!

“Wat jy is, skree so hard in my ore, dat ek nie kan hoor wat jy sê nie”, is ‘n baie waar aanhaling van Stephen Covey. Mense is slimmer as wat ons dink. Ons dink ons kan dieper bedoelings (intensie) met maskers wegsteek en dan met mooi woorde kamoefleer. Maar iets gee jou weg; jou oë, stemtoon, lyftaal, woordkeuse, stiltes en baie ander vorme van nie-verbale kommunikasie.



Dalk voel jy ‘n diep aversie (negatiwiteit) teenoor iemand anders. Om dit te probeer verbloem of vrylik uit te leef… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 11 Augustus 2010 om 11:30 — Geen Kommentaar

13 Augustus 2010. Eensaam?

Liewe lidmate

Reeds vir Adam het die Here 'n maat gegee omdat dit nie goed is dat die mens alleen is nie. Geen mens is 'n eiland nie - ons het mekaar nodig. Verhoudings is deel van dit wat ons mens maak. Ons het 'n behoefte aan ander mense en ander mense aan my - dis hoe ons gemaak is.

Van sy kant smag die Here daarna om in 'n verhouding met ons te staan. Ons, die hoogtepunt van God se skepping, ontvang God se Seun as deel van hierdie nabyheid. Daar is selfs…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 11 Augustus 2010 om 11:04 — Geen Kommentaar

Afkondigings 6 Augustus 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 6 Augustus 2010 om 8:16 — Geen Kommentaar

Kontak 6 Augustus 2010

Liewe Vriende,



Oppad Zuid Afrikaanse Hospitaal toe verlede week, lees ek op die "paalkoerante": Reitz-vier, die Kerk het ons gefaal.

My eerste emosie was een van groot teleurstelling in die kerk en kerkmense. Waarom sukkel ons so met omgee vir ander wat in die moeilikheid is? Omgee en ondersteuning beteken nie dat mens goedpraat wat hulle gedoen het nie. Dit was verkeerd en het ander se menswaardigheid ontneem.



Toe was ek sommer… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 5 Augustus 2010 om 22:43 — Geen Kommentaar

6 Augustus 2010. Is gebed vroom self-spraak?

Hallo broers en susters

Ek lees 'n boek van Yancey oor gebed. Op my rak is 'n paar boeke oor gebed en hulle almal volg min of meer 'n resep waarin die stappe van gebed verduidelik word. Dis goed en van hierdie raad het ek al met goeie vrug gebruik.

Yancey volg 'n effens ander benadering. Hy skryf dat hy amper meer geleer het uit dit waaroor Jesus self nie gebid het nie, as om voorskrifte te gee oor die metode van gebed. Eerstens het Jesus dikwels vir ander mense…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 4 Augustus 2010 om 16:29 — Geen Kommentaar

Kontak 6 Augustus 2010 Boodskap van die Bybel

Het jy geweet die gelykenisse van Jesus het nie werklik histories plaasgevind nie? Daar is geen historiese bewyse dat die Verlore Seun geleef het nie; ook nie die Barmhartige Samaritaan nie; en nog minder die Saaier!



Ek hoop nie jy is geskok nie, want dis eintlik so voor-die-hand-liggend dat die gelykenisse nie werklik plaasgevind het nie. Jesus het fiktiewe stories vertel om daardeur 'n boodskap met dieper… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 4 Augustus 2010 om 13:00 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service