Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Oktober 2010 Blog Artikels (18)

Afkondigings 31 Oktober 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 29 Oktober 2010 om 9:34 — Geen Kommentaar

Kontak 29 Oktober 2010

























































Liewe Vriende,…





Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 28 Oktober 2010 om 9:21 — Geen Kommentaar

29 Oktober 2010. Die rotte het gewen!

Liewe lidmate

Net vanoggend gesels ek weer met iemand wie se lewe te vinning verloop. Dit is waarskynlik waar van 'n hele klomp mense met wie ek werk. Iemand maak 'n opmerking oor die spoed van die lewe: "As die lewe 'n rotren is, het die rotte gewen."

Voeg daarby dat 'n koerant in die afgelope week 'n artikel gehad het oor die tyd wat mense by die werk spandeer. As ek die artikel reg verstaan, spandeer mense in ons omgewing ongeveer nege en 'n half uur per dag…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 28 Oktober 2010 om 8:54 — Geen Kommentaar

Kontak 28 Oktober 2010

Dagsê



Tipiese einde van die jaar vrae wat die tyd al meer gevra of ge-ignoreer word, is byvoorbeeld... hoeveel van die nuwe voornemings waarmee ek die jaar begin…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 27 Oktober 2010 om 21:30 — Geen Kommentaar

Kontak 29 Oktober 2010 'Ek Glo' is GROOT woorde



Baie mense verstaan die woord "glo" as om te erken dat iets waar is. Byvoorbeeld: "ek glo jy het hom mooi behandel", bedoel dat die spreker erken dat die persoon die ander werklik mooi behandel het .



Sommige christene verstaan die woord "glo" op geestelike terrein netso. As iemand in Jesus glo, beteken dit hulle glo dat Jesus werklik gekruisig is en opgestaan het. Ek dink egter dat hierdie manier van "glo" erg verskralend is! As glo net… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 27 Oktober 2010 om 16:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 24 Oktober 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 22 Oktober 2010 om 9:35 — Geen Kommentaar

Kontak 22 Oktober 2010

Liewe Vriende,











Die vol-in-die-blom jakarandas, helder bougainvillas, mooi tuine en alles mooi om ons, het my laat dink aan die verhaal van die twee ernstig siek

omies in die hospitaal.



Hulle het ure aanmekaar gesels oor hulle families, liefde vir die natuur en alles wat vir hul belangrik is. Hulle moes albei plat

lê, maar die een langs die venster is toegelaat om vir ‘n uur per dag regop te

sit. Dan het hy by die venster uitgekyk en… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 21 Oktober 2010 om 15:01 — Geen Kommentaar

Kontak 21 Oktober 2010

Dagsê…



Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 20 Oktober 2010 om 20:30 — Geen Kommentaar

Kontak 22 Oktober 2010 Stook jy jou stoomtrein met dinamiet?

Teen hierdie tyd van die jaar stoom die trein van die lewe volstoom voort! Mens sien net rook soos almal hulle enjins probeer stook om net by Desember uit te kom. Daar is so baie wat in twee maande moet gebeur.



Waarmee stook jy jou lewenslokomotief? Watter motief dryf jou om deur hierdie tyd van die jaar te kom?



Party stook hulle lewensvuur met skuldgevoelens, begeertes, vrees, woede of emosionele onttrekking. Lees net weer die lysie… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 20 Oktober 2010 om 18:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings 17 Oktober 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 14 Oktober 2010 om 17:15 — Geen Kommentaar

Afkondigings 10 Oktober 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 14 Oktober 2010 om 14:11 — Geen Kommentaar

Kontak 14 Oktober 2010

Liewe Vriende,



Nogal baie mense hou nie van die getal 13 nie. Veral nie as dit boonop op 'n Vrydag val nie! Dán hoor jy snaakse stories van hoe dié bygeloof maak dat mense hulleself die betrokke dag "beskerm."



Die 13e Oktober beteken vir 33 myners van Chile, LEWE, nuwe lewe. Vir hulle, hulle families, almal daarby betrokke en ook vir miljoene wat wêreldwyd na die reddingspoging gekyk het.



Die tonele wat hul afgespeel het met elke myner wat na die oppervlakte gebring… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 14 Oktober 2010 om 10:45 — Geen Kommentaar

Kontak 14 Oktober 2010

Dagsê



Somma ma net so 'n paar…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 13 Oktober 2010 om 22:00 — Geen Kommentaar

15 Oktober 2010. Affluenza

Liewe lidmate

Verlede week was ek by UP vir die jaarlikse Lentekonferensie. Die tema was Affluenza. Die term is glo deur 'n Britse sielkundige "gecoin" om 'n siekte van ons tyd aan te dui. Die Engelse woorde "affluent" en "influenza" word saamgevoeg om te verduidelik wat vandag baie mense plat trek. Die simptome is min of meer die volgende: die status van 'n bepaalde kar is belangriker as die blote waarde van 'n vervoermiddel; net die beste en nuutste selfoon sal doen; net…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 13 Oktober 2010 om 21:22 — Geen Kommentaar

Kontak 14 Oktober 2010 Vry!

Die bevryding van Chileense myners in Camp Hope het die wêreld se verbeelding aangegryp. Soos wat elke bevryde myner na die oppervlak gebring word, is daar tonele van vreugdevolle ekstase, intieme omhelsing en trane van dankbaarheid.

Iets wat my tref in die hele uitsending is groot rol van geloof in die krisis. Die eerste minister van Chilé se predikant het vertel hoe hulle in die parlement gebedsbyeenkomste…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 13 Oktober 2010 om 18:00 — Geen Kommentaar

Kontak 7 Oktober 2010

Liewe Vriende



Oktobermaand. Tiendemaand van 'n jaar wat verbygevlieg het. Ons gaan die maand in die gemeente gesels oor hoe mens dankbaar leef voor die Here. Dink mens oor wat die woord beteken en jy begin rondlees, was ek verras om te sien op hoeveel verskillende maniere mense dit beskryf. Voor ek 'n paar aanhalings met julle deel, wil ek iets weergee van 'n gesprek wat Daleen en ek gisteraand met 'n jongman gehad het.



Hy was dwelmverslaaf, is iets meer as twee jaar "skoon",… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 7 Oktober 2010 om 9:15 — Geen Kommentaar

Kontak 7 Oktober 2010

Dagsê



Die Griekse woordjie (eucharistia) in die Nuwe Testament wat op Afrikaans met…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 6 Oktober 2010 om 20:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 3 Oktober 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 4 Oktober 2010 om 9:18 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2019   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service