Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Oktober 2013 Blog Artikels (9)

Wat maak 'n erediens sinvol?

Wat maak 'n erediens sinvol?

 

Gegewe die verskeidenheid van predikante, priesters, pastore en padres wat daar is, gaan hierdie vraag geen eenvoudige antwoord oplewer nie.  Hou ook in gedagte dat lidmate selfs nog 'n wyer verskeidenheid kan toon.  Fred B. Craddock wat 'n rigtinggewende boek rakende prediking geskryf het, getiteld “Preaching”, reken dat prediking 'n komplekse proses is en daarom is selfs net 'n bevredigende definisie van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 30 Oktober 2013 om 18:54 — Geen Kommentaar

Kontak van 25 Oktober 2013

Dankie!

Dit is hierdie week byna ’n jaar gelede sedert ek op 28 Oktober 2012 in Lynnwoodgemeente bevestig is. ’n Jaar het vinnig verbygegaan! Dit was vir my en Michelle ’n goeie jaar in die gemeente en in ons nuwe woonomgewing. En omdat ons ’n klomp dankbaarheid in ons hart het, wil ek graag vandag dankie sê.

 

Ek is steeds verwonderd oor die manier waarop die beroepingsproses verloop het. Ek onthou nog al die gesigte wat die aand teenwoordig was toe daar met my…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 25 Oktober 2013 om 10:00 — Geen Kommentaar

Afkondiging 27 Oktober 2013

Opgelaai deur NGL Admin op 25 Oktober 2013 om 8:50 — Geen Kommentaar

Ons vier die lente...Oktobermaand (C. Louis Leipoldt)

Viooltjies in die voorhuis,

Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies orals op die veld,

En orals, ai, so mooi!



Dit is die maand Oktober,

die mooiste, mooiste maand:

Dan is die dag so helder,

so groen is elke aand,



So blou en sonder wolke

die hemel heerlik bo,

So blomtuin-vol van kleure

die asvaal ou Karoo.



Dit is die maand Oktober:

die varkblom is in bloei;

Oor al die seekoegate

is kuil…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 25 Oktober 2013 om 8:28 — Geen Kommentaar

Kontak van 18 Oktober - Die viering van volgeling wees

Elke maal as ek Jesus se woorde (Johannes 1:43) aan Filippus lees: Volg my!”, kan ek nie anders as om te wonder wat daardie twee woorde alles behels nie. Wat daardie twee woorde vir my lewe beteken? En wat dit regtig beteken om ‘n volgeling van God te wees? Ons vier nou in die kerklike jaar Koninkrykstyd en in ‘n sekere sin is dit die vraag waarmee ons besig is tydens Koninkrykstyd.



Koninkrykstyd breek net na Pinksterfees aan en strek…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 18 Oktober 2013 om 10:51 — Geen Kommentaar

Afkondiging 20 Oktober 2013

Opgelaai deur NGL Admin op 18 Oktober 2013 om 8:38 — Geen Kommentaar

Verslaaf aan Kits (Kontak epos)

"Die mens van vandag is verslaaf aan kitsoplossings." Dit is die mening van Carl Honoré in sy boek "The Slow Fix". Kitskos moet binne 'n paar sekondes op die toonbank wees. Kitsresultate word verwag van sportspanne anders word afrigters afgedank. Kitsmiljoenêrs word op die voorblaaie van finansiële tydskrifte opgehemel. Politieke oplossings moet in 'n kits geskied. Dié kitsverslawing word bevestig daarin dat mense in Brittanje gemiddeld 40 000 pille in hulle lewens gebruik. Selfs op…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 12 Oktober 2013 om 12:00 — Geen Kommentaar

Afkondiging 13 Oktober 2013

Opgelaai deur NGL Admin op 11 Oktober 2013 om 8:39 — Geen Kommentaar

Afkondiging 6 Oktober 2013

Opgelaai deur NGL Admin op 4 Oktober 2013 om 8:43 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2019   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service