Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Oktober 2015 Blog Artikels (27)

Afkondiging 1 November 2015

Opgelaai deur NGL Admin op 30 Oktober 2015 om 9:17 — Geen Kommentaar

Dankie #17

As jy aan ons land dink - vir watter drie goed is jy dankbaar? Sê vandag vir die Here daarvoor dankie. Oorweeg dit om jou drie redes, as 'n getuienis, op jou facebook-bladsy te noem.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 30 Oktober 2015 om 7:43 — Geen Kommentaar

Fliek saam Fay #11 – Abraham

Abraham is regisseur Jans Rautenbach se eerste rolprent in dertig jaar. Dit is gebaseer op ‘n ware verhaal – Jans se verhaal. Die rolprent is eenvoudig, maar…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 30 Oktober 2015 om 7:12 — Geen Kommentaar

Dankie #16

Nooi 'n paar mense om hierdie naweek by jou/julle te kom eet (miskien bure of 'n kollega wat jy nie baie goed ken nie). Gee vir elkeen om die tafel 'n geleentheid om te sê waarvoor hy/sy dankbaar is. #thanksgivinginpta

Opgelaai deur Fay van Eeden op 29 Oktober 2015 om 9:29 — Geen Kommentaar

Dankie #15

Wanneer jy vandag iets eet - raak vir 'n oomblik bewus van hoeveel mense se harde werk dit geneem het om daardie maaltyd moontlik te maak. Dank die Here daarvoor.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 27 Oktober 2015 om 8:51 — Geen Kommentaar

Kontak van 23 Oktober: God se somer kom!

God se somer kom!

 

Ek sit nou die dag in die motor en wag vir my dogter. Terwyl ek wag, doen ek toe wat Pretorianers hierdie tyd van die jaar doen: Ek kyk vir die Jakarandas. Is hulle nie weer ’n skouspel nie? Ek is bly om te hoor en te sien dat selfs die geharde Pretorianers, diegene wat al lank hier bly, nog nie uitgepraat is oor en uitgekyk is aan dié verskynsel nie. Op Facebook wemel dit van die fotos. Die een probeer mooier fotos neem as die ander,  probeer…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 23 Oktober 2015 om 12:32 — Geen Kommentaar

Afkondiging 25 Oktober 2015

Opgelaai deur NGL Admin op 23 Oktober 2015 om 8:45 — Geen Kommentaar

Dankie #14

Bedank vandag 'n kollega wat hulle werk goed doen.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 23 Oktober 2015 om 8:27 — Geen Kommentaar

Dankie #13

"Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie." (Ps 107:1)

Neem vandag 'n tydjie om 'n sin (of 'n hele Psalm) te skryf oor jou dankbaarheid teenoor die Here.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 22 Oktober 2015 om 8:19 — Geen Kommentaar

Dankie #12

Soos jy vandag deur jou omgewing en buurt rondbeweeg, raak bewus van die baie seëninge wat jy ontvang deur daar te woon. Dank die Here daarvoor.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 20 Oktober 2015 om 19:05 — Geen Kommentaar

Dankie #11

Raak bewus van geleenthede waar jy goeie diens ontvang ('n petroljoggie, kassier, kelner ens). Maak moeite om die persoon vir sy/haar goeie diens te bedank. 'Post' dit op jou Facebookbladsy sodat ander mense ook die diensverskaffer kan ondersteun.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 19 Oktober 2015 om 13:55 — Geen Kommentaar

Dankie #10

Watter verhouding/s het in die laaste jaar vir jou hoop gebring? Neem vandag ‘n tydjie om die Here vir daardie persoon te dank. Oorweeg dit om vir daardie persoon ‘n boodskap te stuur waarin jy hom/haar bedank.
 

Opgelaai deur Fay van Eeden op 18 Oktober 2015 om 21:29 — Geen Kommentaar

Kontak van 16 Oktober 2015 - Om hoop te hê…

‘Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God.’ (Rut 1:16)

Een van die sentrale temas in die boek Rut is hoop. Vir die skrywer van die Rutverhaal is hoop nie ‘n abstrakte toekomsbegrip nie. In die Rutverhaal lê hoop in verhoudings. Naomi, wat aan die begin van die verhaal as ‘n hopelose weduwee geskets word,…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 16 Oktober 2015 om 10:59 — Geen Kommentaar

Dankie #9

Gee iets (klere, selfoon ens) wat jy nie meer gebruik nie weg, as 'n teken van dankbaarheid vir die oorvloed wat jy geniet.‪

Opgelaai deur Fay van Eeden op 16 Oktober 2015 om 10:56 — Geen Kommentaar

Afkondiging 18 Oktober 2015

Opgelaai deur NGL Admin op 16 Oktober 2015 om 8:30 — Geen Kommentaar

Dankie #8

Sê vandag dankie vir die vrede, en vredemakers, in jou lewe.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 13 Oktober 2015 om 21:57 — Geen Kommentaar

Dankie #7

Probeer om vandag die skoonheid van die skepping nie net raak te sien nie, maar in dankbaarheid te waardeer.  Spandeer 'n paar minute in jou tuin of gaan stap/ry deur 'n straat vol Jakarandas. 

Opgelaai deur Fay van Eeden op 13 Oktober 2015 om 21:56 — Geen Kommentaar

Dankie #6

Sê vandag dankie vir die goed wat jou help om met nader mense kontak te maak (soos byvoorbeeld jou motor of selfoon).

Opgelaai deur Fay van Eeden op 11 Oktober 2015 om 14:31 — Geen Kommentaar

SAKE VAN DIE ALGEMENE SINODE

Nuutste Mediaverklaring van die Moderamen van die Algemene Sinode

Lees die pastorale brief hier: …

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 11 Oktober 2015 om 6:30 — Geen Kommentaar

Afkondiging 11 Oktober 2015

Opgelaai deur NGL Admin op 9 Oktober 2015 om 7:30 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2019   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service