Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

November 2010 Blog Artikels (19)

Kleinkroniek 4de Kwartaal

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 29 November 2010 om 11:17 — Geen Kommentaar

Afkondigings 28 November 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 26 November 2010 om 11:26 — Geen Kommentaar

Kontak 26 November 2010

Liewe Vriende,



Zander van der Westhuizen het die beroep na Tygerpoort aangeneem en het sy afskeidsdiens Sondagaand 5 Desember 2010 by die aanddiens. Dra hulle asseblief aan die Here op in die tyd van verandering en aanpassing, dat die Here hom en die nuwe gemeente sal seën en hulle gelukkig daar sal wees.



Bid ook vir ons gemeente, die predikantespan, die Nuwe Generasiebediening en die beplanning vir die pad vorentoe. Die Kerkraad het besluit om nie dadelik te beroep nie, maar… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 25 November 2010 om 10:46 — Geen Kommentaar

28 November 2010. Op die kortlys.

Liewe lidmate

Dikwels praat mense met my wanneer hulle 'n nuwe kar moet koop. Daar is ten minste twee motortydskrifte wat ek per maand lees en die kans is goed dat ek 'n sinvolle kortlys kan gee van ten minste drie voertuie. Maar voor ek so kortlysie opstel, vra ek eers oor beskikbare fondse; behoeftes en die duur van eienaarskap. Die kans is goed dat hierdie lysie aansluiting sal vind by CSI (Customer Service Index).

1 Kor se kortlysie is regtig kort. Maar eers…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 25 November 2010 om 9:17 — Geen Kommentaar

Kontak 25 November 2010

Dagsê



Ek en Mart vertrek Saterdag so vir twee weke se asemskep om terug te wees in die gemeente met die begin van die Desemberskoolvakansie. Dankie dat jy elke week…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 24 November 2010 om 22:30 — Geen Kommentaar

Kontak 26 November 2010 Jou lewe 'n oorlog of tuinwandeling?

As jy die lewe as 'n oorlog sien, is almal en alles jou vyand. Dan probeer jou bank jou net indoen, jou dokter is net gierig, ander padgebruikers daarop uit om jou te benadeel, kollegas net daar om op jou te trap, vriende is einltik maar onbetroubaar, jou kinders wil jou net arm maak, jou gemeente soek net geld, anderkleuriges is almal misdadigers, politici is by voorbaat oneerlik, mense soek net hulle eie voordeel ensovoorts...



Wat 'n lewe moet dit nie wees nie! Die hele tyd moet ek… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 24 November 2010 om 17:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings 21 November 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 19 November 2010 om 8:54 — Geen Kommentaar

Kontak 19 November 2010

Liewe Vriende



Ek het al baie gewonder oor wat die woord "hervorming" beteken. Verandering? Heiligmaking? dalk help die volgende Bybelse verhaal ons om iets daarvan te verstaan.



Die profeet Jeremia kyk na die werk van 'n pottebakker in Jer 18. Die pottebakker het 'n bepaalde vorm in gedagte, maar die klei neem nie die vorm aan nie. Dan druk hy die halfklaar pot se klei weer inmekaar en begin voor. Is dít hervorming? Lyk my dit is wat Jeremia uit…

Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 18 November 2010 om 21:04 — Geen Kommentaar

21 November 2010. Bevestiging van Douglas Wu

Geliefdes

Die kans is goed dat meeste lidmate van ons gemeente slegs vaagweg bewus is van die Chinese dienste wat op 'n Sondag in die Gesinskerk plaasvind. Kort nadat die Gesinskerk uit is, begin die Chinese voorberei vir hulle diens wat 11.00 begin. Vir twee gemeenskappe om een lokaal te gebruik en dit te doen sonder struweling is merkwaardig.

Die einste Chinese gemeentetjie het die agelope Saterdag hulle eie dominee bevestig. Dit was 'n okkasie van formaat. Ek…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 18 November 2010 om 12:40 — Geen Kommentaar

Kontak 17 November 2010 Smokkel jou brein met jou?

As ek vra dat jy teken hoe 'n stoel lyk, neem ek aan die meeste mense sal 'n voorwerp teken met vier pote en ruglening en plat sitvlak. As ek egter selfs net deur my huis kyk, sien ek verskeie soorte stoele: reghoekige sitkamerbanke, lessenaarstoel met een poot in die middel met wiele, die sakstoel (poef) in my seun se kamer, die houtblad in die tuin en vele meer. Die probleem is dat ons dadelik 'n idee vorm en aanneem dis waarvan gepraat word.



Ons gedagtes word sterk deur die verlede… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 17 November 2010 om 22:30 — Geen Kommentaar

Kontak 18 November 2010

Dagsê

Tussen al die besigwees en gehardloop om nog hierdie jaar se goeters klaar te kry met die bietjie tyd en energie wat daar oor is... begin die kersfees atmosfeer oral…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 17 November 2010 om 14:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings 14 November 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 12 November 2010 om 9:46 — Geen Kommentaar

12 November 2010. Dankie!

Liewe lidmate

Vinnig getel, kry en die woord "dank" in verskillende formate, 104 in die 1983 vertaling. Uit die aard van die saak is dit 'n belangrike woord en word dit byvoorbeeld gebruik in dankgebede en tydens dankoffers. Hierdie komende Sondag gaan ons in die Gesinsdiens dankbetuiging doen. Daar is mense wat gehelp het tydens Gesinsdienste en mense wat kategese gegee het. Dan is daar ook mense wat op die Gesinsbedieningkommissie gedien het in die afgelope…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 11 November 2010 om 8:51 — Geen Kommentaar

Kontak 11 November 2010

Dagsê



Soos wat die meeste jakarandas hul pers blomme verloor, begin al meer studente en skoolkinders hul eksamenpenne wegpak, terwyl die meeste werksmense hul laaste…

Meer

Opgelaai deur Johann Voges op 10 November 2010 om 15:30 — Geen Kommentaar

Kontak 10 November 2010 Die Lewe as Geestelike Oefening

Deur die eeue het daar verskillende geestelike oefeninge ontwikkel wat ons kan help om nader aan God te leef. Hierdie oefeninge stel ons oop dat God ons kan verander.



Elke dag gee God ook aan ons werklike oefeninge in die lewe wat ook groot transformerende krag het. Kom ons kyk sommer na 'n paar opsies wat die lewe aan ons bied om geestelik te oefen: mense wat ons irriteer, verkeersprobleme, ons gesukkel met onsself, groot uitdagings, moegheid, spanning, druk in verhoudings, verlange,… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 9 November 2010 om 20:00 — Geen Kommentaar

Afkondigings 7 November 2010

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 5 November 2010 om 10:05 — Geen Kommentaar

Kontak 5 November 2010

Liewe Vriende,



Die tyd kom vinnig nader dat ons weer baie seënwense vir mekaar gaan stuur of gee.

Ons sê vir mekaar “geseënde Kersfees” of “geseënde nuwe lewensjaar”, wanneer ons verjaar. Of ons sê: “God seën ons met reën.” Dit beteken: God gee reën en daardeur gedy iets, kan iets

groei. Waar God seën, kán iets gedy, groei, sinvol wees.



‘n Lewe is geseënd as dié lewe vir ander mense betekenis het en beteken dat jy hulp, hoop, geloof, insig, kennis uitdra en help om… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 4 November 2010 om 16:30 — Geen Kommentaar

Kontak 5 November 2010 ‘n Saak het drie kante!

Langenhoven het gesê:” ‘n Saak het drie kante: jou kant, my kant en die regte kant.” ‘n Mens kan net ‘n verantwoordelike besluit neem as jy ‘n saak van verskillende kante af bekyk.



Hierdie tyd van die jaar is mense soms emosioneel moeg en soms kort van draad. Mens het nie die emosionele kapasiteit om te luister na die ander kant nie. Tog is

dit so belangrik om dit ag te neem dat…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 3 November 2010 om 19:00 — Geen Kommentaar

5 November 2010. Gucci vir jou?

Liewe lidmaat

James Twitchwell skryf in 'n boek: "If Americans can't share God, why not Gucci?" Dit skryf hy omdat hy van mening is dat die mensdom 'n nimmereindigende liefdesverhouding met besittings het. Dit snoer mense van verskillende lae uit die samelewing saam wanneer hulle luukse artikels besit.

Jammer dat daar mense is wat reken dat luukshede mense makliker kan saambind as geloof. Dis nie net jammer nie, dis in 'n mate 'n vinger wat na gelowiges wys. Vir…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 1 November 2010 om 12:04 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service