Geseënde 2021 vir jou!
“Jy glo met reg dat Christus in Betlehem gebore is, maar nou moet jy hierdie Gawe vanuit die geskiedenis jou eie maak en onthou dat Christus vir jou gebore is, want Hy is die bron van alle waarheid.” (Martin Luther)
Volgende jaar word die 500ste verjaarsdag van die Reformasie gevier: Op 31 Oktober 1517 het Luther 95 stellings aan die kerkdeur van Wittenberg gespyker en daarmee die Reformasie begin. Tipies Duits word daar ontsaglik baie moeite gedoen met die voorbereidings vir volgende…
MeerOpgelaai deur Fay van Eeden op 26 November 2016 om 6:27 — Geen Kommentaar
Ons vier met die kerssangdiens van 27 November die begin van Adventstyd. Advent begin op die vierde Sondag voor Kersfees en eindig op Oukersaand. Met Adventstyd vier ons God se ingrype in die geskiedenis van die mensdom deur die geboorte van Christus as mens. Die woord 'advent' is afgelei van 'n Latynse woord wat 'koms' beteken en verwys na die koms van Christus, sy eerste sowel as sy tweede koms.
Een van die gewildste simbole in adventstyd is die adventskrans. Die ronde krans word…
MeerOpgelaai deur Fay van Eeden op 18 November 2016 om 9:27 — Geen Kommentaar
LITURGIE 13 Nov 2016 GEMEENTEVERJAARSDAG EN NAGMAAL 1 Kor 13
Uitdeelstuk nav die Buitengewone alg Sinode
Votum:
Liturg:
"God is Liefde!" juig ons harte,
en bedink wat liefde doen:
Dat Hy ons sy Seun gestuur…
Opgelaai deur Immanuel van tonder op 13 November 2016 om 21:00 — Geen Kommentaar
Opgelaai deur Immanuel van tonder op 8 November 2016 om 10:00 — Geen Kommentaar
Dankbaarheid en welwese
Lees Lukas 17:11-19
Die verhaal in Lukas 17, oor die tien melaatses wat deur Jesus gesond gemaak is, eindig in die ’83 Afrikaanse vertaling met hierdie woorde: “En vir hom sê Hy: ‘Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.’” Dit is Jesus se laaste woorde aan die tiende melaatse wat omgedraai en sy dankbaarheid teenoor Jesus betoon het. Sommige Engelse vertalings bied egter ’n intressante variante vertaling van die teks. Die New…
MeerOpgelaai deur Eric Scholtz op 4 November 2016 om 9:18 — Geen Kommentaar
Die bril wat jou die goeie laat sien Die afgelope jaar was elkeen van ons se lewens, te midde van die vreugde en die uitdagings, besaai met ‘n oorvloed gawes. Sommige gawes was duidelik sigbaar terwyl ander gawes daar was sonder dat ons dit eers besef het. As jy na dié video kyk van kinders in die junior kategese en kleuterkerk, sal jy hoor dat hulle meestal dankbaar is oor die sigbare gawes. Een van die voorskooldogtertjies was egter dankbaar vir God se liefde. Met daardie een opmerking het…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 2 November 2016 om 11:41 — Geen Kommentaar
2021
2020
2019
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
Welkom by
Lynnwood Gemeente
© 2021 Created by NGL Admin.
Powered by