Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Desember 2010 Blog Artikels (7)

10 Desember 2010. Taal

Liewe lidmate

Toe Immanuel en ek in Lynnwood kom preek het vir punte, was deel van die proses 'n onderhoud. Tydens die onderhoud vra Johann Voges my: "Vir wie mik jy met Gesinsdienste?" Min of meer kinders en hulle gesinne wat by junior kategese berokke is - dis my mikpunt. Maar wanneer kinders begin om "gel" in hulle hare te sit, begin ten minste 'n gedeelte van hierdie kinders en hulle ouers na ander eredienste skuif.

Die implikasie van hierdie mikpunt is dat…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 9 Desember 2010 om 11:32 — Geen Kommentaar

Kontak 10 Desember 2010

Liewe Vriende,



Hierdie is die laaste Kontak vir 2010 en Kersfees is op ons voordeur, 2011 ook!



Oral waar mens kom, word jy herinner aan Kersfees en dis veral die Lukas- en Matteusverhale van Christus se geboorte wat die meeste aandag kry in al die feesvierings, musiek, versierings en advertensies.

Die Johannesverhaal van Jesus se koms lyk anders en laat mens dieper dink oor die betekenis van kersfees.



Johannes sê: Jesus is die Woord wat kom mens word het. Onder… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 8 Desember 2010 om 21:11 — Geen Kommentaar

Kontak 10 Desember 2010 Goeie Tyding!

In Kerstyd sing ons van die Goeie Tyding. Wat is hierdie Goeie Nuus wat die wêreld deur gehoor word dat herders se lewens omgekeer word, engele skares sing, wyses uit verre lande verwonderd aanbid? Hoekom is die wêreld vandag nog so begaan met Kersfees? Is dit net materialistiese motiewe? Of beleef mense nie dalk in die Kerstyd iets van 'n voorsmakie van 'n nuwe visie op God nie?



Kerstyd basuin die nuus uit dat God naby is! God het onder ons kom woon. Hy is so groot dat hy in 'n klein… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 8 Desember 2010 om 16:30 — Geen Kommentaar

Afkondigings 5 Desember 2010

Opgelaai deur NGL Admin op 8 Desember 2010 om 12:17 — Geen Kommentaar

Kontak 3 Desember 2010

Liewe Vriende,



Die Bybel praat op baie verskillende maniere oor God. Waarom? Om ons te help om God beter te verstaan en om ons iets te leer oor ons verhouding met God. Ons behoort altyd met 'n "oop kop" te luister na wat die Bybel wil sê oor God en dan steeds te onthou dat ons Hom nie kan verklaar nie en nie ten volle kan ken nie. As mense dit onthou, sal minder gestry word oor of God manlik of vroulik was, wit of swart, of in watter ideë-beelde ons Hom ookal wil… Meer

Opgelaai deur Pieter Oosthuizen op 3 Desember 2010 om 0:30 — Geen Kommentaar

3 Desember 2010. Wanneer is 'n mens ryk?

Liewe lidmate

'n Kollega van my in Pietersburg, vra eendag: "Wanneer word 'n man 'n mens?" Ek weet nie. Hy antwoord: "Wanneer 'n man trou, want dan hoor hy dat 'n mens nie in die bed eet nie en dat 'n mens 'n mooi skildery in die sitkamer kan ophang." Maar wanneer is 'n mens dan ryk?

Omtrent geen van die inwoners in ons omgewing beskou hulle as ryk nie. My tuin-ingenieur aan die ander kant reken dat almal in ons omgewing stinkryk is en hy brandarm. Die man van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 2 Desember 2010 om 9:22 — Geen Kommentaar

Kontak 3 Desember 2010 Donker is maar net die afwesigheid van Lig

Ek is absoluut mal oor hierdie tyd van die jaar as die liggies orals begin skyn. Huise, bome en sentrums word getooi met pragtige veelkleurige liggies. As ek deur die strate ry praat die liggies met my.



Die liggies vertel van dié Lig wat gekom het om die duisternis te verdryf. Dis 'n tyd van oorwinning, viering en vreugde!



Maar het jy al ooit gedink wat is donkerte? Het jy besef dis net die afwesigheid van lig? Donker… Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 1 Desember 2010 om 11:00 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service