Geseënde 2021 vir jou!
Kontak 28 Desember 2012: Swaai 2013 tegemoet!
Tydens ons Kerkraadsvergadering in Oktober het ons gesels oor die belang daarvan om die goeie uit die verlede te behou, maar ook vorentoe te beweeg. Die beeld wat iemand gebruik het, was dié van 'n swaai. Om te kan swaai moet jy eers terugtrek en die momentum gebruik om vorentoe te gaan. Mens kan baie moeilik maar net probeer om jouself vorentoe te skop en so vooruit beweeg.…
MeerOpgelaai deur Immanuel van tonder op 27 Desember 2012 om 9:15 — Geen Kommentaar
Ek het die afgelope aantal jaar toenemend met mense te doen gekry wat vreemde werksomstandighede het. Ek verwys na diegene wat vir lang tye van die huis af weg is as gevolg van gunstiger werksgeleenthede elders. 'n Klomp van hulle werk selfs noord, party ver noord van die land se grense in lande soos Mosambiek, die Kongo, Tanzanië en Nigerië. Hulle is gewoonlik vir weke op 'n keer van die huis af weg en kom af en toe vir 'n paar dae huistoe voor hulle weer vertrek. Die nuwe…
MeerOpgelaai deur Eric Scholtz op 21 Desember 2012 om 8:28 — Geen Kommentaar
“Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.” (Lukas 2:6-7)
Daar was niks 'glamourous' rondom Jesus se geboorte nie. Inteendeel dit was baie alledaags en eenvoudig. Josef en Maria was in 'n vreemde dorp. Daar was geen plek in 'n herberg nie, daarom slaap hulle in 'n stal.…
MeerOpgelaai deur Fay van Eeden op 14 Desember 2012 om 14:43 — Geen Kommentaar
Daar is duisende boeke en gedigte daaroor geskryf. Liedjieskrywers soos John Lennon, Cat Stevens, Elvis Costello en Louis Armstrong het daaroor gesing. Die Hippies het hulle hele lewensfilosofie daarom gebou. In die naam van hierdie woord het miljoene al gesterf. Gereeld sien ons nuusflitse van optogte met plakkate wat daarvoor pleit. Daar is verskeie pryse wat vir die bevordering daarvan aan persone toegeken word. En verskeie monumente wêreldwyd wat dit vier. Min woorde het so ‘n bekende…
MeerOpgelaai deur Fay van Eeden op 11 Desember 2012 om 9:48 — Geen Kommentaar
Dit is die tyd van die jaar wat baie van ons uitsien na 'n welverdiende ruskans. Kaaptoe. Suidkus toe. Berge toe. Selfs Bosveld toe of wildtuin toe. Sommige van ons mooiste herinneringe is gedurende hierdie tyd van die jaar gevorm. Dit is herinneringe oor gesellige saamwees met ons gesinne, familie en vriende tydens 'n uitgerekte maaltyd. Dit is herinneringe oor intense ervarings van die natuur; 'n mooi sonsopkoms of sonsondergang, die gedreun van die branders en die varsheid…
MeerOpgelaai deur Eric Scholtz op 7 Desember 2012 om 8:30 — Geen Kommentaar
Ek kyk soms na die TV-uitsendings oor die toekennings wat jaarliks in die verskillende afdelings van die vermaaklikheidsbedryf gemaak word – die Golden Globe toekenings, die Oscars en ook die toekennings van die musiekwêreld. Laasgenoemde het byvoorbeeld onlangs weer plaasgevind. Elke keer wat ek daarna kyk, laat dit my met ’n gevoel van bewondering (bewondering vir uiters talentvolle mense) en met ’n gevoel van verwondering. Ek verwonder my daaroor dat ’n groep mense wat verteenwoordigers…
MeerOpgelaai deur NGL Admin op 3 Desember 2012 om 6:00 — 1 Kommentaar
2021
2020
2019
2018
2017
2016
2015
2014
2013
2012
2011
2010
2009
Welkom by
Lynnwood Gemeente
© 2021 Created by NGL Admin.
Powered by