Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Desember 2016 Blog Artikels (5)

Kontak van 23 Desember 2016 - Die Lig het gekom

Neem ‘n paar oomblikke om na die skildery te kyk.

Dink na oor die onderstaande vrae.

- Wat staan vir jou in die skildery uit?

- Hoe laat die uitbeelding jou voel?

- Wat sou jy hierdie skildery wou noem?

In Bradi Barth se uitbeelding van die kersgebeure, Gaze, straal daar ‘n sagte, uitnodigende lig uit die Jesuskind.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 23 Desember 2016 om 7:00 — Geen Kommentaar

Kontak van 15 Desember 2016 - Vader Uber

As seuntjie kon ek nie wag vir Vader Kersfees om te kom kuier nie. My familie het al hulle dae gehad om my gedagtes van die moontlike persente af te lei en daarop te laat fokus om op Oupa-hulle se plaas rond te speel. Later toe ek ’n tiener was, het ek self ’n keer of wat Vader Kersfees gespeel met ’n rooi jas en kunsbaard.

Uber is ’n nuwe vervoerkonsep (kan dit ’n taxi genoem word?). Meer as een keer by skole, koshuise of kerke kry ek tieners wat van Uber gebruik maak. Uber het vir…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 15 Desember 2016 om 9:36 — Geen Kommentaar

Kontak van 9 Desember - God, die groot Indringer

Volgens Lukas 1:31 was die engel se woorde aan Maria: “Jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.” Die engel Gabriël vra nie vir Maria of dit haar sal pas om die ma van Jesus te word nie. Hy maak nie ’n voorstel aan haar en vra nie vir haar of sy eers ’n bietjie daaroor wil nadink, en of dit met haar eie planne vir haar lewe…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 9 Desember 2016 om 6:55 — Geen Kommentaar

Kontak van 2 Desember 2016 - DIE KOSMIESE CHRISTUS WORD MENS!

Die meeste van ons se prentjies van wie Jesus Christus is, behels nét sy aardse lewe. Ons sou moontlik begin by Jesus se geboorte in die stal, sy aardse lewe en woorde, sy sterwe aan die kruis en sy opstanding.

Jesus Christus was egter voor die skepping van die heelal reeds daar. Verskeie tekste beklemtoon dat alles wat geskep is, deur die Seun tot stad gekom het.

• Kolossense 1:15-16 stel dit duidelik dat “God deur Hom alles geskep het wat in die hemel en op die aarde is:…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 8 Desember 2016 om 7:12 — Geen Kommentaar

Afkondiging 4 Desember 2016

Opgelaai deur NGL Admin op 2 Desember 2016 om 9:28 — Geen Kommentaar

Blog Topics by Tags

Monthly Archives

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service