Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Alle Blog Artikels Gemerk 'Predikante' (429)

Kontak van 20 Oktober 2017 - Sam, Frodo, Pippin en trauma

Alles wat S.T Gibson oor trauma by haar ma geleer het, was aan die hand van die verhaal ‘Lord of the Rings’. Volgens haar beleef en oorleef ons almal, nes die karakters in Tolkien se verhaal, lewensveranderende gebeure (in die karakters se geval ‘n lewensgevaarlike tog na Mount Doom). Dit is gebeure wat ons op paaie neem waarvan ons nooit sou gedroom het nie, en waarvoor ons nog minder sou gekies het. Gebeure wat gewoonlik met trauma van een of ander aard gepaard gaan. Trauma wat ’n…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 November 2017 om 11:02 — Geen Kommentaar

Kontak van 14 Julie 2017 - Drie maar Een



Die leer oor die Drie-eenheid is iets wat teoloë al vir jare besig hou. Die vraag na hoe die Drie-eenheid in verhouding met mekaar staan bly vir my een van die interessantste en moeilikste vrae. Johan Cilliers poog om deel te neem aan hierdie eeue oue gesprek met ‘n skildery wat die verhouding tussen die persone van Drie-eenheid op ‘n unieke wyse uitbeeld.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 28 Julie 2017 om 10:54 — Geen Kommentaar

Pelgrimsreis na Binne

Pelgrimsreis na Binne

Die labirint is ‘n wandelende gebed waarmee ons ons oopstel vir die teenwoordigheid en werking van die Here in ons lewe.

 Kyk gerus die video hier: https://youtu.be/HtB2DXJ_BU4

In die stroom van die lewe, waarin ons almal is, kan jy fokus op die oppervlak van die stroom of die dieper onderstoom. Op die oppervlak sal jy die maalkolke, stroomversnellings en drywende plantmateriaal…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 23 Maart 2017 om 11:55 — Geen Kommentaar

Pelgrimsreis na Binne

Pelgrimsreis na Binne

Die labirint is ‘n wandelende gebed waarmee ons ons oopstel vir die teenwoordigheid en werking van die Here in ons lewe.

 Kyk gerus die video hier: https://youtu.be/HtB2DXJ_BU4

In die stroom van die lewe, waarin ons almal is, kan jy fokus op die oppervlak van die stroom of die dieper onderstoom. Op die oppervlak sal jy die maalkolke, stroomversnellings en drywende plantmateriaal…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 23 Maart 2017 om 11:55 — Geen Kommentaar

Kontak van 23 Desember 2016 - Die Lig het gekom

Neem ‘n paar oomblikke om na die skildery te kyk.

Dink na oor die onderstaande vrae.

- Wat staan vir jou in die skildery uit?

- Hoe laat die uitbeelding jou voel?

- Wat sou jy hierdie skildery wou noem?

In Bradi Barth se uitbeelding van die kersgebeure,…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 23 Desember 2016 om 7:00 — Geen Kommentaar

Kontak van 15 Desember 2016 - Vader Uber

As seuntjie kon ek nie wag vir Vader Kersfees om te kom kuier nie. My familie het al hulle dae gehad om my gedagtes van die moontlike persente af te lei en daarop te laat fokus om op Oupa-hulle se plaas rond te speel. Later toe ek ’n tiener was, het ek self ’n keer of wat Vader Kersfees gespeel met ’n rooi jas en kunsbaard.

Uber is ’n nuwe vervoerkonsep (kan dit ’n taxi genoem word?). Meer as een keer by skole, koshuise of kerke kry ek tieners wat van Uber gebruik maak. Uber het vir…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 15 Desember 2016 om 9:36 — Geen Kommentaar

Kontak van 9 Desember - God, die groot Indringer

Volgens Lukas 1:31 was die engel se woorde aan Maria: “Jy sal swanger word en ’n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.” Die engel Gabriël vra nie vir Maria of dit haar sal pas om die ma van Jesus te word nie. Hy maak nie ’n voorstel aan haar en vra nie vir haar of sy eers ’n bietjie…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 9 Desember 2016 om 6:55 — Geen Kommentaar

Kontak van 2 Desember 2016 - DIE KOSMIESE CHRISTUS WORD MENS!

Die meeste van ons se prentjies van wie Jesus Christus is, behels nét sy aardse lewe. Ons sou moontlik begin by Jesus se geboorte in die stal, sy aardse lewe en woorde, sy sterwe aan die kruis en sy opstanding.

Jesus Christus was egter voor die skepping van die heelal reeds daar. Verskeie tekste beklemtoon dat alles wat geskep is, deur die Seun tot stad gekom het.

• Kolossense 1:15-16 stel dit duidelik dat “God deur Hom alles geskep het wat in die hemel en op die aarde is:…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 8 Desember 2016 om 7:12 — Geen Kommentaar

Kontak van 25 November - MARTIN LUTHER EN KERSFEES

“Jy glo met reg dat Christus in Betlehem gebore is, maar nou moet jy hierdie Gawe vanuit die geskiedenis jou eie maak en onthou dat Christus vir jou gebore is, want Hy is die bron van alle waarheid.” (Martin Luther)

Volgende jaar word die 500ste verjaarsdag van die Reformasie gevier: Op 31 Oktober 1517 het Luther 95 stellings aan die kerkdeur van Wittenberg gespyker en daarmee die Reformasie begin. Tipies Duits word daar ontsaglik baie moeite gedoen met die voorbereidings vir volgende…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 26 November 2016 om 6:27 — Geen Kommentaar

EREDIENS 13 Nov 2016 DIE LIEFDE IS DIE GROOTSTE 1 Kor 13

LITURGIE 13 Nov 2016   GEMEENTEVERJAARSDAG  EN  NAGMAAL  1 Kor 13

 

Uitdeelstuk nav die Buitengewone alg Sinode

Votum:

 

Liturg:

"God is Liefde!" juig ons…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 13 November 2016 om 21:00 — Geen Kommentaar

Erediens Lewensgeluk

>>> Kry gerus die Erediens se teksweergawe hier

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 8 November 2016 om 10:00 — Geen Kommentaar

Kontak van 4 November: Dankbaarheid en welwese

Dankbaarheid en welwese

Lees Lukas 17:11-19

Die verhaal in Lukas 17, oor die tien melaatses wat deur Jesus gesond gemaak is, eindig in die ’83 Afrikaanse vertaling met hierdie woorde: “En vir hom sê Hy: ‘Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.’” Dit is Jesus se laaste woorde aan die tiende melaatse wat omgedraai en sy dankbaarheid teenoor Jesus betoon het. Sommige Engelse vertalings bied egter ’n intressante variante vertaling van die teks. Die New…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 4 November 2016 om 9:18 — Geen Kommentaar

Kontak - Die bril wat jou die goeie laat sien

Die bril wat jou die goeie laat sien Die afgelope jaar was elkeen van ons se lewens, te midde van die vreugde en die uitdagings, besaai met ‘n oorvloed gawes. Sommige gawes was duidelik sigbaar terwyl ander gawes daar was sonder dat ons dit eers besef het. As jy na dié video kyk van kinders in die junior kategese en kleuterkerk, sal jy hoor dat hulle meestal dankbaar is oor die sigbare gawes. Een van die voorskooldogtertjies was egter dankbaar vir God se liefde. Met daardie een opmerking het…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 2 November 2016 om 11:41 — Geen Kommentaar

Kontak van 21 Oktober 2016 - ‘n Voorraadopname van die lewe

Een van die mooiste gedeeltes in die boek Prediker is Prediker 9:7-10:

"Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou (persoon) wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 24 Oktober 2016 om 11:38 — Geen Kommentaar

Kontak van 14 Oktober 2016 - Waarhede

As gelowiges is ons konstant besig om te soek na waarheid, waarhede, of die Waarheid. Oral waar ons gaan word ons omring deur allerhande waarhede, maar ons probeer soek na waarhede oor die Waarheid. Alhoewel hierdie soeke na waarheid ongelooflik belangrik is, en al is ons intensies hoe suiwer, kan hierdie soeke na waarheid maklik ongesond of afbrekend word.



ʼn Skoolvriend van my het altyd gesê: daar is my waarheid, jou waarheid, en die regte waarheid. Ek dink dat die meeste van…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 19 Oktober 2016 om 7:50 — Geen Kommentaar

Erediens: RADIKALE AANVAARDING

Liturgie  Lynnwood 9 Okt 2016: RADIKALE AANVAARDING

 

Aankondigings:

1 Kom Tuis

 

- Nooi elkeen om nou eers tuis te kom in jou lyf, emosies, gedagtes, verhoudings, lewe en in die Here

 

- Ps 84:1-6 & 8 Lees uit die Direkte vertaling (op volgende bladsy)

 

- Sing Hallelujahlied 181:1,4  Saggies en teer   (Kom tuis... kom tuis...)

 

- Seëngroet:

 

Mag jy…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 9 Oktober 2016 om 8:30 — Geen Kommentaar

Erediens “Everybody Hurts” tot “Lig op die Horison!”

LITURGIE 2 Oktober 2016  9:00   

1 Sam 1  Van “Everybody Hurts” tot “Lig op die Horison!”

 

Votum:

 

Ons hulp kom van die Here

wat Hemel en aarde gemaak het. 

Hy bly vir altyd getrou

en laat nie die werk van sy hande vaar nie!

 

Seëngroet:

 

Genade vir julle en vrede van God ons Skepper en die Here Jesus Christus! 

Die Here is hier…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 1 Oktober 2016 om 21:00 — Geen Kommentaar

Twee koppe is beter as een. Of dalk nie?

Twee koppe is beter as een. Of dalk nie?

Twee koppe is beter as een. Dit is ’n bekende Afrikaanse gesegde. Daarmee bedoel ons die saam(dink)werk van twee of meer mense lewer beter resultate as die (dink)werk van ’n enkele persoon. ’n Uitdrukking kry gewoonlik die status van ’n gesegde as dit dikwels herhaal word en wyd gebruik word. Sulke gesegdes maak aanspraak op algemeen-geldende waarheid.

 

Maar is twee koppe beter as een? Nie volgens die skrywer Susan Cain…

Meer

Opgelaai deur Eric Scholtz op 30 September 2016 om 9:20 — Geen Kommentaar

Is Perfeksionisme Perfek?

Perfeksionisme klink na ’n goeie eienskap, maar dit kan keer dat jy jou drome waar maak. Party mense is so bang om te waag of om foute te begaan dat hulle liewers nie probeer nie. Hulle verkies om eerder niks te doen nie as om mislukking te beleef. Dit is een van die grootste redes waarom mense weier om voor ander te praat, want hulle is bang hulle gaan voor almal ‘n fout begaan.

Ander is darem bereid om te probeer, maar hulle stel sulke hoë standaarde aan hulself dat hulle…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 28 September 2016 om 10:00 — Geen Kommentaar

Erediens Onvolmaakte Heelheid

LITURGIE    18 Sept 2016   Onvolmaakte Heelheid

 

POWERPOINT van die Preek

Atmosfeer:

Skildery op stoep, Jasmyn en…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 18 September 2016 om 7:30 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2018   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service