Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Alle Blog Artikels Gemerk 'predikante' (30)

Lydenstyd 2018

Lydenstyd 2018: Jesus se 7 laaste KRUISWOORDE gee lewe.

 

Dit is interessant om te lees wat verskeie bekende mense se laaste woorde was voordat hulle gesterf het:   “Friends applaud, the comedy is finished.” - Ludwig van Beethoven. “I should never have switched from Scotch to Martinis.” - Humphrey Bogart. “I'm bored with it all.” - Winston Churchill

“I have offended God and mankind because my work did not reach the quality…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 16 Februarie 2018 om 8:22 — Geen Kommentaar

Dankie #4

Wanneer jy vandag 'n maaltyd eet, wees dankbaar vir die kos deur elke happie met al jou sintuie te ervaar en geniet. #

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 Oktober 2015 om 21:13 — Geen Kommentaar

Dankie #2

Neem vandag tyd om iets wat jy besit en lank laas gebruik het uit te haal, af te stof en met dankbaarheid te gebruik.

Opgelaai deur Fay van Eeden op 3 Oktober 2015 om 18:24 — Geen Kommentaar

Die Grootste Geskenk: Skenk aandag!

Die groot geheime gratis geskenk...

 

Wat is die grootste gawe van die liefde wat jy vir iemand kan gee?  Is dit ‘n kosbare diamant, of om iemand uit te vat vir ete, of die mooiste woorde te sê, of om iemand te help of liefdevolle aanraking?

 

Ek dink een van die grootste geheime gratis geskenke wat jy aan iemand kan gee is om AANDAG TE SKENK!  Dit klink eenvoudig, maar eintlik vra dit alles van jou.  Dit vra dat jou eie agenda en gedagtes eers net…

Meer

Opgelaai deur Immanuel van tonder op 29 Mei 2015 om 10:24 — Geen Kommentaar

Yoga mit Jesus

“Yoga mit Jesus”

Op die voorblad van “Die Zeit” van 4 April 2012 is daar ’n helderkleurige prentjie van Jesus wat in ’n meditasie posisie sit en die opskrif lui:  “Yoga mit Jesus.” Hy het ’n aantreklike Westerse gesig wat direk na die skilder kyk en die stralekrans laat Hom toegewyd lyk.  Meer opvallend is die gekruisde bene en vingerpunte wat duidelik wys op meditasie en…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 23 November 2013 om 9:18 — Geen Kommentaar

Terme en Voorwaardes

Dit is vir my opvallend dat amper elke advertensie op die radio deesdae eindig met die woorde: “Terme en Voorwaardes geld”. Die advertensie begin op so 'n manier wat jou ore laat spits oor die nuwe BMW wat jy kan koop, die ekstras wat jy ontvang, hoe goedkoop die maandelikse terugbetaling is en dat jy eers in Maartmaand gaan begin betaal. Dan kom daardie laaste sinnetjie wat jou amper laat vergeet wat hulle geadverteer het en jou keer om onmiddelik die eerste BMW handelaar op te…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 4 Januarie 2013 om 9:43 — Geen Kommentaar

1 November 2012. Beplan!

Liewe lidmaat

 

Volgende week is die leraars weg met 'n beplanningsessie.  Deur die loop van 'n gemiddelde jaar beleef mens 'n paar sulke sessies en oor beplanning sal ek graag die volgende (tentatiewe) opmerkings wil maak:

[1]  Modes kom en gaan.  Dit is nogal waar vir kerke en gemeentes ook.  Op 'n manier kon die kerk nie die verbuikersmentaliteit vryspring nie en daarom kry mens gemeentes of denominasies wat vir 'n oomblik in die mode is.  Tog is daar iets anders aan…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 31 Oktober 2012 om 16:42 — Geen Kommentaar

3 Oktober 2012. Verhuising 101

Liewe lidmate

Om te verhuis, is spanningsvol - selfs al is dit in dieselfde stad en net 'n paar km. ver.  Soos mens as beginner-student 'n paar dinge leer in die eerste paar maande op universiteit, het ek weer 'n paar sake oor verhuising geleer in die afgelope week:

[1]  Ons hoop dikwels te veel goed op.  Tussen alles wat verplaas moet word…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 2 Oktober 2012 om 19:00 — Geen Kommentaar

Kontak 28 September 2012: Tyd

Liewe Lidmaat

 

Op 27 September 1825, in die Noord-Ooste van Engeland, is die eerste

trein vir passasiers en goedere in gebruik geneem. Die spoorlyn was

40km lank, net lank genoeg sodat steenkool tussen twee dorpe vervoer

kon word.…

Meer

Opgelaai deur NGL Admin op 27 September 2012 om 11:30 — Geen Kommentaar

9 September 2012. Meet, meet, meet ...

Hallo!

Ons meet baie goed. Atletiek word in breukdele van sekondes gemeet en by die werk is daar meetbare resultate. Vandag deel ons die dag in minute en sekondes sodat ons kan meet wat ons gedoen het; elke minuut van die dag. Net 'n paar honderd jaar gelede het uurwerke net 'n uurwyser gehad. Wanneer kerke deel is van deurlopend meet, moet daar meer lidmate en geld wees; programme is van groot waarde mits dit gemeet kan word. Mens hoef nie noodwendig daarmee ingenome te wees nie -…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 9 September 2012 om 20:11 — Geen Kommentaar

22 Augustus 2012. Sterwende kerk?

Liewe broers en susters in Christus

Die BBC het programme wat my boei - "Grand Designs" en "Reclamation Yard" is twee van hulle. "Grand Designs" gaan oor verskillende huise in Engeland wat gebou of restoureer word. Dis elke keer 'n unieke ontwerp, bouproses en in meeste gevalle mense ook. "Reclamation Yard" het beduidend minder geleerde mense, maar dit hou my steeds vasgenael voor die TV. Daar is 'n besigheid of drie wie se inkomste draai rondom die herwinning van materiaal uit ou…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 22 Augustus 2012 om 20:36 — Geen Kommentaar

8 Augustus 2012. Spyskaart en agenda

Liewe lidmate



Een van ons, Karin en my, gunsteling kuierplekker is 'n Italiaanse restourant. Die pasta met seekos is een van my gunstelinge. Vriende van ons wat ook van die plek hou, verkies "pork belly." Karin kies gewoonlik hoenderlewertjies bedek met 'n hemelse sousie. Gepaardgaande met alle maaltye is die restourant se eie besonderse brood - meer as een soort ook!



Soms is spyskaarte verwarrend omdat die keuse oorweldigend is. Dis dan dat ek wens my maag en beursie kon… Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 7 Augustus 2012 om 12:25 — Geen Kommentaar

29 Junie 2012. Krag-gebruik

Liewe lidmate

In die winter veral is is mens goed bewus van elektristeitsverbruik. Iewers gedurende die afgelope naweek flits die boodskap op die TV dat kykers moet afskakel wat afgeskakel kan word want ons moet krag spaar. Stephan Joubert skryf sinvol oor kinders van God en krag:

[1] Gelowiges is kragdrade, nie kragbronne nie. Laat ons dit vinnig uit die weg ruim: God is ons bron van krag: om van Christus te getuig, die lewe te kan hanteer en om sommer net te kan leef. Ons…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 26 Junie 2012 om 12:55 — Geen Kommentaar

14 Maart 2012. Hoe het hulle gereis?

Liewe lidmate

 

Iewers lees ek dat die gemiddelde voertuig in Suid Afrika na aan 20 000 km per jaar ry.  Mense in die Bybelse tyd het aansienlik korter afstande per jaar gereis, maar steeds gereis.  Ons weet dat Paulus ongeveer 14 000 km hoofsaaklik te voet voltooi het.  Abraham het van Ur sak en pak Israel toe gekom. 

 

As jy nie 'n donkie gehad het nie, was voetslaan jou voorland.  Perde was bestem vir ryk mense en oorlog.  Om in groepe te stap, was waarskynlik…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 14 Maart 2012 om 16:41 — Geen Kommentaar

23 Februarie 2012. Dood en lewe

Liewe lidmate

 

Die dood is nie altyd 'n aangename onderwerp nie - dikwels praat ons net daaroor as ons regtig moet.  Tog is die dood onvermydelik deel van die lewe.  Die woord "dood" word in die Bybel in minstens vyf betekenisse gebruik:

*  dood as 'n toestand wanneer biologiese lewe opgehou het

*  dood as 'n bose mag

*  dood as die geestelike toestand van iemand wat nie die Here ken nie

*  dood vir die sonde.  Dit is wanneer gelowiges sonde…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 22 Februarie 2012 om 17:32 — Geen Kommentaar

21 Des 2011. In die buidel van 'n dinosourus

Liewe lidmate

 

Sou mens met 'n paar tieners oor hulle ouers praat, vermoed ek dat sommige tieners die mening sou uiter dat hulle ouers na alle waarskynlikheid hulle eerste paar lewensjare in die buidel van 'n dinosourus deurgebring het.  Dit gebeur dat tieners van mening is dat hulle ouers so outyds is dat hulle sterk verbintenis toon met die era van dinosourusse.  Een van die gebiede wat vir tieners tekenend is van hulle ouers se agtergeblewendheid, is die manier waarop ouers…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 15 Desember 2011 om 12:18 — Geen Kommentaar

4 November 2011. Die kritiese koor ...

Liewe lidmate

 

Veral die Duitse motors is bekend vir opsionele ekstras.  Wanneer mens dus 'n nuwe motor koop, is die basiese prys bereken sonder 'n hele klompie items wat baie kopers graag in hulle nuwe aankope sou wou sien.  Die beginprys sal byvoorbeeld R 400 000,00 beloop, maar vir die satelietnavigasie en elektroniese stabiliteitsprogram moet mens ekstra betaal.  In baie Japanese en Koreaanse voertuie is dit deel van die standaardtoerusting.

 

Om met…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 2 November 2011 om 19:52 — Geen Kommentaar

7 Augustus 2011. Om Sondag te verwerklik.

Liewe lidmate

 

Die komende naweek is 'n langnaweek en heelwat lidmate gaan weg.  Sommige kuier by familie en ander gaan na 'n spesiale vakansiehuis iewers in die bosveld.  Geniet dit en ry veilig.  Baie lidmate bly oor die langnaweek by die huis en doen die tuinroete nadat hulle die laaste laatslaap van die winter benut het.  Geniet dit in die selfde mate.

 

Waar jy jou ook al bevind, onthou dat dat gelowiges op Sondae ander dinge doen as om onvermoeid voort te…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 4 Augustus 2011 om 9:15 — Geen Kommentaar

22 Julie 2011. Hoekom is ons hier?

Liewe lidmate

 

Hoekom is ons hier op aarde?  Daar was een maal 'n geleerde man, wat vry vertaal, die volgende daaroor kwyt geraak het:  Waarom is ons hier op hierdie klein modder hopie; tollende in oneindige ruimte?  Ek het nie die vaagste benul nie en ek is seker daarvan dat niemand het nie.

 

Ek sou graag wil verskil.  Een van die maniere om sin uit die lewe te put, is om liefde te leef.  Dis nou van die liefde wat ons reeds by God ontvang het en gereeld van…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 20 Julie 2011 om 15:18 — Geen Kommentaar

24 Junie 2011. Suksesvolle gemeentes

Hallo!

 

Wanneer is gemeentes suksesvol?  Sommige mense reken dis daardie gemeentes wat die beste programme, soos kampe, kan aanbied.  Ander dink weer dat 'n besonder begaafde prediker die gemeente se identiteit moet bepaal.  In ons omgewing is daar 'n oordosis aan geestelike programme - te kies en te keur.  Nog Christene reken dat mens net van een gemeente / kerk na 'n ander een moet skuif waar daar meer lewe is.

 

Ten spyte van toegang tot kratte vol geestelike…

Meer

Opgelaai deur Peet Crous op 22 Junie 2011 om 17:44 — Geen Kommentaar

Monthly Archives

2020

2019

2018

2017

2016

2015

2014

2013

2012

2011

2010

2009

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service