Lynnwood Gemeente

Lynnwood Gemeente

Fay van Eeden's Blog (110)

Kontak van 20 Oktober 2017 - Sam, Frodo, Pippin en trauma

Alles wat S.T Gibson oor trauma by haar ma geleer het, was aan die hand van die verhaal ‘Lord of the Rings’. Volgens haar beleef en oorleef ons almal, nes die karakters in Tolkien se verhaal, lewensveranderende gebeure (in die karakters se geval ‘n lewensgevaarlike tog na Mount Doom). Dit is gebeure wat ons op paaie neem waarvan ons nooit sou gedroom het nie, en waarvoor ons nog minder sou gekies het. Gebeure wat gewoonlik met trauma van een of ander aard gepaard gaan. Trauma wat ’n…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 November 2017 om 11:02 — Geen Kommentaar

Kontak van 14 Julie 2017 - Drie maar Een



Die leer oor die Drie-eenheid is iets wat teoloë al vir jare besig hou. Die vraag na hoe die Drie-eenheid in verhouding met mekaar staan bly vir my een van die interessantste en moeilikste vrae. Johan Cilliers poog om deel te neem aan hierdie eeue oue gesprek met ‘n skildery wat die verhouding tussen die persone van Drie-eenheid op ‘n unieke wyse uitbeeld.



In…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 28 Julie 2017 om 10:54 — Geen Kommentaar

Kontak van 23 Desember 2016 - Die Lig het gekom

Neem ‘n paar oomblikke om na die skildery te kyk.

Dink na oor die onderstaande vrae.

- Wat staan vir jou in die skildery uit?

- Hoe laat die uitbeelding jou voel?

- Wat sou jy hierdie skildery wou noem?

In Bradi Barth se uitbeelding van die kersgebeure, Gaze, straal daar ‘n sagte, uitnodigende lig uit die Jesuskind.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 23 Desember 2016 om 7:00 — Geen Kommentaar

Kontak van 25 November - MARTIN LUTHER EN KERSFEES

“Jy glo met reg dat Christus in Betlehem gebore is, maar nou moet jy hierdie Gawe vanuit die geskiedenis jou eie maak en onthou dat Christus vir jou gebore is, want Hy is die bron van alle waarheid.” (Martin Luther)

Volgende jaar word die 500ste verjaarsdag van die Reformasie gevier: Op 31 Oktober 1517 het Luther 95 stellings aan die kerkdeur van Wittenberg gespyker en daarmee die Reformasie begin. Tipies Duits word daar ontsaglik baie moeite gedoen met die voorbereidings vir volgende…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 26 November 2016 om 6:27 — Geen Kommentaar

Kontak van 18 November 2016 - Steek die adventkerse aan

Ons vier met die kerssangdiens van 27 November die begin van Adventstyd. Advent begin op die vierde Sondag voor Kersfees en eindig op Oukersaand. Met Adventstyd vier ons God se ingrype in die geskiedenis van die mensdom deur die geboorte van Christus as mens. Die woord 'advent' is afgelei van 'n Latynse woord wat 'koms' beteken en verwys na die koms van Christus, sy eerste sowel as sy tweede koms.

Een van die gewildste simbole in adventstyd is die adventskrans. Die ronde krans word…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 18 November 2016 om 9:27 — Geen Kommentaar

Kontak van 21 Oktober 2016 - ‘n Voorraadopname van die lewe

Een van die mooiste gedeeltes in die boek Prediker is Prediker 9:7-10:

"Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ‘n bly gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou (persoon) wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 24 Oktober 2016 om 11:38 — Geen Kommentaar

Kontak van 14 Oktober 2016 - Waarhede

As gelowiges is ons konstant besig om te soek na waarheid, waarhede, of die Waarheid. Oral waar ons gaan word ons omring deur allerhande waarhede, maar ons probeer soek na waarhede oor die Waarheid. Alhoewel hierdie soeke na waarheid ongelooflik belangrik is, en al is ons intensies hoe suiwer, kan hierdie soeke na waarheid maklik ongesond of afbrekend word.



ʼn Skoolvriend van my het altyd gesê: daar is my waarheid, jou waarheid, en die regte waarheid. Ek dink dat die meeste van…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 19 Oktober 2016 om 7:50 — Geen Kommentaar

Kontak van 16 September 2016 - ‘n Nalatenskap

Ek het twee weke gelede die voorreg gehad om my eerste ikoon tydens ‘n retreat te verf. Terwyl ek die Saterdagoggend met my ikoon mooi toegedraai op die sitplek lanks my huistoe ry, dink ek aan die aanbieder se woorde, “‘n Ikoon is vir altyd. Dit is 'n erfstuk.” En ek besef dat dit wat hier lanks my lê deel is mý nalatenskap.

‘n Paar dae later luister ek na ‘n radioprogram oor testamente en wat alles in ag geneem moet word wanneer daar oor jou nalatenskap gedink word.

Ek…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 16 September 2016 om 13:17 — Geen Kommentaar

Kontak van 19 Augustus 2016 - Soos in die ou dae

Ons gemeente hou komende naweek nagmaalsnaweek soos in die ou dae.

Een van die bronne wat ek geraadpleeg het, vertel dat die nagmaalsnaweke van ouds van ‘n Vrydag tot ‘n Maandagoggend geduur het.

Tydens so ‘n naweek het daar baie gebeur: keuring vir aanneming en die aanneming self, voorstelling van nuwe lidmate, huweliksbevestigings, doop en natuurlik nagmaal. ‘n Nagmaalsnaweek het ook gedien as ’n tyd om te koop en te verkoop. Vendusies is gehou, produkte is…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 5 September 2016 om 7:30 — Geen Kommentaar

Fliek saam Fay #12 – BFG

BFG is Spielberg se interpretasie van Roald Dahl se klassieke kinderverhaal met dieselfde naam. Die rolprent is op ‘n tegniese en visuele vlak ‘n meesterstuk. Die uitbeelding van London se strate, die heuwels van Reuse-land, en die asemrowende Droomland laat jou na jou asem snak. Die element van vrees, wat in die boek se storielyn baie sterk is, word deur Spielberg versag wat maak vir ‘n goeie gesinsrolprent. Die rolprent vertel hoe Sophie, ‘n weeskind, en ‘n reus se paaie kruis.…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 25 Julie 2016 om 10:00 — Geen Kommentaar

Kontak van 15 Julie 2016 - Dit is nie myne nie...

Ek het die blikkie vir die eerste keer raakgesien op Vrydag, 13 Mei, toe ek by die huis gestop het na ek die week met Pinkster weg was. Die blikkie het vir twee weke daar gelê voordat dit deur Fanie, Peet se tuinier, opgetel is. In die tyd wat die blikkie daar gelê het, het die vullisverwyderingstrok twee maal verby gekom en honderde mense het verby gestap, gedraf en gery. Ek het myself afgevra – waarom sou niemand die tyd neem om die blikkie op te tel en weg te gooi nie? My eie Peet het een…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 18 Julie 2016 om 9:43 — Geen Kommentaar

Kontak van 10 Junie 2016 - Om 'spasie te hou' vir iemand

Om emosioneel 'spasie te hou' vir iemand, beteken om lanks iemand te loop op die reis waarop hulle hulself bevind sonder oordeel, sonder om hulle minderwaardig te laat voel, hulle te probeer fix of om die uitkoms van die reis te probeer beheer of beïnvloed. Ons maak spasie vir mekaar wanneer ons ons harte oopmaak, onvoorwaardelike ondersteuning bied en enige vorm van oordeel en beheer laat vaar. In my eie lewe is daar mense wat deur die jare vir my spasie gehou het deur hulle…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 24 Junie 2016 om 14:39 — Geen Kommentaar

Kontak van 29 April 2016 - Dit wat gebreek is

"Maak vir ons ruimte. Ons het niemand veronreg nie; ons het niemand skade berokken nie; ons het niemand uitgebuit nie ..." (2 Korintiërs 7:2-16)

Paulus het die gemeente in Korinte op een van sy sendingreise gestig, soos ook al sy ander gemeentes. Op 'n volgende sendingreis doen hy weer daar aan, maar hierdie keer behandel die gemeente hom baie sleg, en gee hom 'n yskoue skouer. Wat presies daar gebeur het word nie beskryf nie, maar die effek op Paulus is duidelik: dit het hom…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 Mei 2016 om 4:23 — Geen Kommentaar

Kontak van 6 Mei 2016 - God se werk

Oor en oor word ek verras oor hoe God op ‘n unieke wyse met elkeen van ons oppad is. Hoe God elke konteks in my lewe sal gebruik vir my groei, mits ek oop is daarvoor. Hierdie vorming vind natuurlik plaas in ‘n ruimte waar ek myself oopstel vir God. En alhoewel verandering en groei God se werk is, gebeur dit wanneer ek by God tyd spandeer en oop is vir sy transformerende prosesse in my lewe.

Ruth Haley Barton skryf: Without solitude, we are dangerous in the human community and in…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 6 Mei 2016 om 4:20 — Geen Kommentaar

Kontak van 1 April 2016 - (On)beduidend . . .

Ek het 'n rukkie terug hierdie foto op Facebook raakgeloop. Die titel van hierdie installasie, deur die Meksikaanse kunstenaar Jorge Mendez Blake, is 'Die krag van een boek'. Met die eerste oogopslag lyk die installasie na 'n doodgewone baksteenmuur, maar wanneer jy hierdie konstruksie van nader bekyk word die bultjie in die middel van die muur sigbaar. Dit is…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 4 April 2016 om 10:20 — Geen Kommentaar

Kontak van 26 Februarie 2016 - Om diversiteit te omarm

"There are not more than five musical notes, yet the combinations of these five give rise to more melodies than can ever be heard. There are not more than five primary colours, yet in combination they produce more hues than can ever been seen. There are not more than five cardinal tastes, yet combinations of them yield more flavours than can ever be tasted." Sun Tzu, The Art of War

Die speelgoed vervaardiger Mattel het onlangs vir…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 29 Februarie 2016 om 11:40 — Geen Kommentaar

Kontak van 29 Januarie 2016 - Slawegeloof en Kindgeloof

'n Sunami van geloofsopinies spoel deesdae oor ons. Sommige daarvan laat 'n mens nadink, veral as dit oor ons optrede gaan. Ander is bloot eensydig en beterweterig met die doel om seer te maak. Dit is asof ons in Suid-Afrika eers onlangs die verouderde Westerse rasionalisme ontdek het.

Wanneer die kritiek van nie-gelowiges oor my spoel, dink ek dikwels aan 'n episode in Jesus se lewe. Op 'n stadium vertel die dissipels vir Jesus dat die mense besig is om Hom te verlaat en dan vra…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 5 Februarie 2016 om 10:09 — Geen Kommentaar

Kontak van 22 Januarie 2016 - Die onbekende in…

Die jaar lê soos ‘n onbekende pad voor ons. ‘n Pad waarop ons nog nooit gereis het nie. God nooi ons om die dinge van die ou jaar agter te laat en saam met Hom die onbekende binne te gaan. Iemand sê nou die dag dat ons, soos die manne van die Ooste, bereid moet wees om dit wat vir ons bekend is agter te laat en op nuwe en onbekende paaie te reis. Ruth Haley Barton skryf só oor die wyse manne se reis na die onbekende:

O God,

who am I…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 25 Januarie 2016 om 9:53 — Geen Kommentaar

'n Legende

Daar was drie mense wat op soek was na die water wat lewe gee, in die hoop dat hulle daarvan kon drink en vir ewig lewe.

Die eerste was 'n kryger. Hy was oortuig dat die water wat lewe gee 'n kragtige, bruisende massa of stroomversnelling sal wees. Daarom het hy sy reis in sy volle wapenrusting aangepak. Hy was seker dat hy die water met geweld aan sy wil sou kon onderwerp.

Die tweede was 'n towenares. Sy was van mening dat die water wat lewe gee 'n magiese manifestasie sal…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 11 Januarie 2016 om 10:02 — Geen Kommentaar

Kontak van 20 November 2015 - Ons bid vir reën…

Suid-Afrika het dringend reën nodig. Groot dele van ons land is vasgevang in ‘n knellende droogte wat mens, dier en gewasse raak. Vanuit verskillende oorde word daar gevra dat ons almal saambid vir reën. Die Noordelike sinode het gevra dat alle gemeentes in ons sinodale grense laas Sondag vir hierdie saak voorbidding doen. Die laaste tyd vra ek myself af: ‘Wat beteken dit om vir iets of iemand voorbidding te doen? Wat beteken dit om vir reën te bid?’

Brian D McLaren verduidelik…

Meer

Opgelaai deur Fay van Eeden op 23 November 2015 om 7:05 — Geen Kommentaar

© 2020   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service