NG Lynnwood Gemeente

Liewe lidmate

 

Miskien is gulsigheid deel van ons gene of ons samestelling, maar gereeld lyk dit asof ons mense nie genoeg kry van mag, roem, geld en besittings nie.  Lynreg teenoor dit staan die Man van Nasaret wat nie mense besoek met 'n koningsgewaad aan nie.  Die mense wat Hom omring het, was nie staatsmanne met kratte vol gesag nie, maar gewone mense wat met gewone dinge in die lewe sukkel.  In sy reistas kon mens net die nodigste sien. 

 

Om Jesus te volg, is genoeg.  Dan is vrede en vreugde ons reisgenote.  Met die brood van die lewe en lewegewende water voed Hy ons.  Deur Christus te volg, kan daar 'n einde kom aan ons bodemlose put leefstyl.  Om tevrede te wees met wat ek het, is miskien een van die beste gawes wat 'n kind van God kan besit.

 

Aan die ander kant is dit dalk goed om gulsig te wees met uitdeel.  In plaas daarvan om verorber te word deur ons behoefte om meer te besit, laat die uitdeel van God se genade, liefde en barmhartigheid ons geheel en al oorneem.  Neem gulsige groot happe van 'n gesindheid - 'n gesindheid wat eerder uitdeel as net vir my versamel.

 

Leef nuut gulsig!

 

Liefde,  Peet Crous

Views: 3

Tags: predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service