Liewe lidmate
'n Dominee was vir 'n ruk uit die gemeente vir verdere opleiding. Een van die dierbare tantes in die gemeente vra hom: "Dominee, ek is bly om jou weer te sien, maar vertel bietjie vir my wat julle leraars doen wanneer jy so gaan vergadering hou of 'n Toelogiese kursus bywoon?" Ondeund antwoord hy haar: "Ons ruil bietjie preke uit tannie." Sy laat nie op haar wag nie: "Ai toggie! Hoe werk dit dan dat jy altyd die swak preke kry?"
Vir die komende week is ons leraars uitstedig met beplanning vir 2011. Deel van ons gesprek is evaluering van sake soos die doelwitte wat ons die afgelope tyd gestel het. Een van die vrae wat geopper gaan word, raak 24/7 Christenskap en die uitwerking daarvan in ons omgewing. Vir 'n groot deel van die tyd gesels ons ook teologie.
Wees asseblief so gaaf om vir ons te bid. Sake wat jy kan aanraak is wysheid en 'n fyn aanvoeling vir die werk van die Heilige Gees. Vra ook dat ons veilig sal ry.
"Here, help ons om 'n gemeente te wees waar 24/7 Christenskap 'n leefwyse is."
Groete, Peet Crous
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente