NG Lynnwood Gemeente

11 Februarie 2011. Hoekom sal ek kerk toe gaan?

Liewe lidmate

 

Tussen die jare 1966 en 1969 lei 'n Europese teoloog, van Ruler, aan 'n hartaandoening en kan nie self preek nie.  Hy kon egter in die kerk kom.  Gedurende hierdie tyd ervaar hy die kerk as 'n plek van diepe rus en dit help hom om sin in die lewe te ervaar.  In 1969 sien 'n boek uit sy pen die lig:  "Waarom zou ik naar de kerk gaan?"  Daarin gee hy 21 redes hoekom hy reken 'n mens in die kerk kan en moet kom.

 

In die komende weke gaan ek van hierdie 21 redes op my blog gebruik. 

 

Die eerste rede oor kerkbywoning raak aan bekering.  Meeste mense het 'n behoefte aan verandering.  Ons sal graag wil sien dat ons kinders 'n goeie toekoms het; een wat beter is as my eie dalk?  Ons sal ook graag wil sien dat misdaad 'n stil agterbanker word in ons samelewing.  Daar is verskillende maniere om hierdie verandering te bewerk:  ek kan polities en sosiaal betrokke raak;  'n gesin kan 'n berader gaan sien.

 

Uit die aard van die saak raak die kerk aan klomp wetenskappe:  politiek, sosiologie en sielkunde, maar tog is die kerk anders.  Die kerk is 'n plek waar daar gereeld oor bekering gepraat word.  Bekering as 'n eerste gebeure, maar ook as iets wat voortgaan in ons lewens.  Dis verandering!  'n Verandering wat sin maak en ons hele lewe raak - van begin tot einde.

 

As ons saam in die kerk kom, vier ons hierdie verandering.  Sien julle Sondag!

 

Groete,  Peet Crous

Views: 21

Tags: predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service