NG Lynnwood Gemeente

Liewe lidmate

 

My studeerkamer kyk uit op ons tuin.  Die Witstinkhoute verloor hulle blare en die Olienhout staan nou op sy sterkste.  Op 'n gereelde basis is daar 'n verskeidenheid van geveerde vriende wat ons gesin vermaak.  Die Magrietjies blom al die grootste gedeelte van die jaar.   Die lewe is 'n lied!  Dink net aan al die wonderlike dinge wat ons kan deel:  uiteet; musiek en mooi plekke; kuier saam met vriende.  Dis net om die dinge te noem wat eerste in my gedagtes opkom.

 

Een van die sinvolste maniere om voluit te leef, is om dit saam met ander kinders van God te doen.  Verlede Sondag het Lynnwood se skoolkoor glo vir heelwat lidmate besonder baie beteken en tydens die aanddiens sing Willem Snyman 'n nuwe lied wat hyself geskryf het.  Die lied beweeg die gemeente om uit volle bors saam te sing; kuiergaste ingesluit.

 

Eredienste is 'n wonderlike plek om voluit te leef; om batterye te herlaai;  om ou bekendes raak te loop; om ook te vertel van swaarkry en siek-wees.  Waarmee is jy hierdie komende Sondag besig?  Die lewe sou redelik saai gewees het as ons nooit saam met mekaar kerk toe kon gaan nie.

 

Liefde-groete,  Peet van Pretoria

Views: 11

Tags: predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service