Liewe lidmate
Die afgelope ruk is ek besig om my voorgeslagte op te lees. Op die web kan mens allerhande interessante plekke besoek waar die genealogie van 'n groep mense uiteengesit word.
Wanneer kinders van God ons voorgeslagte probeer navors, kom ons agter dat ons deel is van 'n groot familie. God is die Vader van hierdie familie. Kenmerke van hierdie uitgebreide familie is dat die Here ons toemaak onder 'n kombers van liefde en versorging.
My voorgeslagte is van Duitse afkoms en het vir lank in die Oos Kaap geboer. Christene se voorgeslagte kom uit omtrent alle bevolkingsgroepe. Daar is 'n verskeidenheid van grotes, kleure en geure. Dit wat ons saamvoeg, is dat Jesus se bloed ons vrymaak. Hierdie vryheid moet ons gebruik om God se liefde aan ander mense te wys.
Ons verlede wys dat ons 'n belowende toekoms het, maar ook 'n aktiewe hede.
Groete, Peet van Pretoria
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente