Liewe lidmate
Reeds vir Adam het die Here 'n maat gegee omdat dit nie goed is dat die mens alleen is nie. Geen mens is 'n eiland nie - ons het mekaar nodig. Verhoudings is deel van dit wat ons mens maak. Ons het 'n behoefte aan ander mense en ander mense aan my - dis hoe ons gemaak is.
Van sy kant smag die Here daarna om in 'n verhouding met ons te staan. Ons, die hoogtepunt van God se skepping, ontvang God se Seun as deel van hierdie nabyheid. Daar is selfs plek vir verdwaaldes. Binne hierdie verhouding met die liefdevolle Here, kies Hy om mense te gebruik om ander mense van God se liefde bewus te maak. Selfs met die beste navorsing kan ons nie presies verstaan hoekom die Here dit juis so gekies het nie.
Steek 'n grens oor en wys vir 'n onwaarskynlike dat die Here vir hom/haar omgee.
Groete, Peet Crous
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente