NG Lynnwood Gemeente

Liewe lidmate.

 

As jy dinge stadig wil sien gebeur, laat mense mekaar wantrou.  Wanneer mense mekaar wantrou, is daar meer kommissies, meer prosedures en vorms om in te vul.  Dis wat S Covey reken.  In teenstelling met Suspisie Kommisies, wen vetroue daar waar verhoudings die bo toon voer.  As mens die beste van mense verwag, wen vertroue en dis die taal van 1 Kor 13.

 

Die lewe het 'n vreemde manier om ons agterdogtig teenoor mekaar te maak; vreemdelinge en anderstaliges is dalk net die mense wat neffens my woon.  Ons verwag net die beste van ander mense mits ons 'n kontrak geteken het.  Onlangs kon ons gesin 'n motor vervang en die papierwerk het amper 'n kabinet op sy eie beslaan - op elke bladsy moes geteken word. Op enige stadium kon iemand bloed trek om net seker te maak ons is die regte persone wat teken. 

 

Op kinders van God se lewe, is die liefdevolle God se handtekening.  Dan hoop, glo en verwag ons die beste van almal om ons.  Negatiewe opinies is dan aan die verloorkant.  Is dit nie kinderlik om ander mense so te hanteer nie?  Natuurlik! En natuurlik kan ons in sommige situasies nie sonder kontrakte en bietjie agterdog nie, maar mag die Here ons help om Sy liefde in ons medemens te sien.

 

Liefde groete.  Peet Crous

Views: 9

Tags: Predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service