Liewe lidmate
As deel van die reeks wat ek doen oor redes hoekom 'n mens in die kerk sou kom, lees ek hierdie rede raak: goeie gewoonte. Nogal 'n swaar een om te sluk, want om uit pure gewoonte kerk toe te gaan is nie vir almal 'n goeie rede nie. As dit blote gewoonte is, word dit deel van die sleur van die lewe - ons doen dit maar sonder veel oortuiging.
Die ander kant van die saak is natuurlik: gaan mens net kerk toe wanneer ek so voel? Ly ons dan nie aan die tirannie van die innerlike nie? Is daar nie iets soos 'n goeie gewoonte nie? Immers borsel ons, hopelik, gereeld tande uit blote gewoonte en dit is goed vir ons almal. Kerkbywoning as gewoonte het 'n moeilik-sluk-begrip geword vir baie gelowiges; baie soos die woord tradisie. Iewers het ek al gelees dat tradisies nooit verdwyn nie; dit word bloot vervang deur ander tradisies. Miskien was daar 'n mooi gewoonte van gereeld eredienste bywoon in jou lewe, wat vervang is deur 'n ander tradisie van afwesigheid in die erediens. Jy word gemis!
Uit my eie lewe kan ek maklik getuig dat juis die eredienste wat ek uit gewoonte bygewoon het, sonder groot verwagtinge, dikwels vir my die meeste waarde gehad het. Miskien is daar tog iets uit te maak vir goeie gewoontes.
Onthou om vanaand jou tande te borsel en sien jou by die kerk!
Vriendelike groete, Peet Crous
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente