Hallo!
Sjoe, maar dit was 'n woelige twee weke gewees: vanaf die herfs vakansie tot ons nou die seisoen van langnaweke betree. Komende naweek is nie sommer enige langnaweek nie. Dis die hoogtepunt van die kerklike jaar! Paasfees. Klomp dinge verander: die kleure van die bome en ook die kleure van die liturgiese bande voor in die kerk. Ons beweeg uit lydenstyd binne in die sentrum van opstanding, feesvier en pinkster.
Hierdie naweek is daar twee dienste: Vrydagoggend en Sondagoggend. Een van die speke van die erediens-wiel is dat ons saam met mekaar gaan bid. Vir ons self en ons gemeenskap; vir ons land en ook vir plekke waar daar ernstige onrus is soos Egipte. Wanneer ons bid, praat ons met die Here. Flussies in die erediens het Hy met ons uit die Bybel gepraat. Dis hoe die Here met sy kinders omgaan: ons kan met mekaar praat en tot op die been eerlik wees. Een goeie teoloog stel dit selfs so: "Daar is selfs ruimte vir amendamente en mosies van wantroue." Is dit nie wonderlik nie - ons is nie bloot skaakstukke in die Here se basis-plan nie. Ons is deelnemers aan die erediens, gebede, ons omgewing en durf ons dit fluister: God se werk!
Ek kan nie wag vir hierdie naweek nie.
Liefde groete, Peet van Pretoria
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente