NG Lynnwood Gemeente

Liewe lidmate

Enigste kinders is selfsugtig want hulle het nooit geleer om te deel nie. Sosiaal sukkel hulle om aan te pas omdat hulle nooit geleer het om deel te wees van 'n groter groep nie. Ten minste is dit die mening wat baie mense, ongekontroleerd, huldig.

In "Time" van 19 Julie 2010 maak Lauren Sandler 'n sterk saak daarvoor uit dat enkel kinders nie noodwendig is soos wat ek dit beskryf het nie. Die mite is glo deur 'n ene Bill McKibben rondom 1896 begin. Sanler dui, na my menig redelik suksesvol, aan dat enigste kinders ook mense is soos alle ander kinders. Enigste kinders pas aan soos baie ander kinders.

Dit laat my wonder oor Christene se gebede. Is dit net 'n blote mite dat ons gebede selfgesentreerd is? As iemand sou navorsing doen oor die inhoud van ons gebede, sou selfsug 'n belangrike dryfveer wees? Of is ons op sosiale gebied goed aangepas deur te besef dat ons deel is van ons omgewing en in hierdie omgewing maak ek 'n verskil?

Hoe lyk jou as enkeling se gebed, maar ook ons as gemeente se gebede?

Liefde en groete, Peet Crous

Views: 2

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service