Liewe lidmate
Hoekom is ons hier op aarde? Daar was een maal 'n geleerde man, wat vry vertaal, die volgende daaroor kwyt geraak het: Waarom is ons hier op hierdie klein modder hopie; tollende in oneindige ruimte? Ek het nie die vaagste benul nie en ek is seker daarvan dat niemand het nie.
Ek sou graag wil verskil. Een van die maniere om sin uit die lewe te put, is om liefde te leef. Dis nou van die liefde wat ons reeds by God ontvang het en gereeld van hoor by eredienste. Liefde, soos geloof, meet en omskryf mens natuurlik moeilik. Maar sonder dit is die kerk sinloos en kan ons regtig wonder oor ons bestaan.
Natuurlik leef ons hierdie liefde op verskillende maniere. Een van die beste plekke om hierdie liefde te beleef, is rondom eredienste. By eredienste hoor, sien en proe ons dit. Ja, proe ook in die koppie tee wat ons na die erediens kan geniet. Maar die vreugde van lentetee saam met Gasvryheid, is nie 'n selfsug-tee nie. Dis een van oorloop-uitdeel. Uitdeel aan ook onwaarskynlikes.
Hierdie Sondag vind ons sin in die bevestiging van 'n nuwe dominee vir die jeug en heerlik saamkuier. Ook is dit betekenisvol dat ons mekaar het en kan deel in die vreugde van ander mense. Hierdie vreugdevolle sinvolheid deel ons in groot hompe uit in die komende week.
Liefdegroete, Peet
Welkom by
NG Lynnwood Gemeente
© 2012 Created by NGL Admin.
Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!
Join NG Lynnwood Gemeente