NG Lynnwood Gemeente

Hallo!

 

Wanneer is gemeentes suksesvol?  Sommige mense reken dis daardie gemeentes wat die beste programme, soos kampe, kan aanbied.  Ander dink weer dat 'n besonder begaafde prediker die gemeente se identiteit moet bepaal.  In ons omgewing is daar 'n oordosis aan geestelike programme - te kies en te keur.  Nog Christene reken dat mens net van een gemeente / kerk na 'n ander een moet skuif waar daar meer lewe is.

 

Ten spyte van toegang tot kratte vol geestelike programme en verskeidenheid van gemeentes / kerke is daar steeds mense in wie se lewe sonde; ongesonde skuldgevoelens of traak-my-nie-agtigheid die botoon voer.  Geen wonder dat 'n studie wat Willow Creek gedoen het geen verband toon tussen verhoogde kerklike betrokkenheid en mense se geestelike groei nie.

 

Wat kan dan anders?  Wanneer is ons as gemeente suksesvol?  Moet ons 'n paar konsultante huur om selfs beter programme aan te bied of poog om meer geld in te samel vir harder werk?  Eerder nie!  Geestelike groei vind daar plaas waar mense hulle lewe gee vir mense om hulle.  Dis wanneer ek terugstaan sodat die hoofrol in my lewe deur Christus ingeneem kan word.  Dit gaan dus nie oor beter programme, gebedsverhorings wat mense aangryp nie, meer ure se Bybelstudie nie.  Die trofee vir diens op nog 'n kommissie gaar stof op wanneer mense besef dat ek nie hier is om eredienste te beoordeel nie, maar om God se liefde kwistig uit te deel. 

 

Die Bybel praat daarvan dat ons nie meer slawe vir sonde, soos uiterste selfgerigtheid, moet wees nie, maar slawe vir God.  Hierdie slaafskap impliseer dat ek iewers behoort en dat hierdie hoort vir ander mense om ons aantreklik moet wees.

 

Liefdevolle vakansie!

 

Peet Crous

Views: 7

Tags: predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service