NG Lynnwood Gemeente

25 Februarie 2011. Is tradisie goed vir ons?

Liewe lidmate

 

Elke generasie en elke groep mense het bepaalde woorde wat hulle kenmerk.  Ook het elke gerasie of versameling mense begrippe waaroor hulle frons.  Net honderd jaar gelede sou "doodstraf" glad nie 'n vreemde woord gewees het nie.  Vandag is dit 'n ander saak en doodstraf word dikwels gekoppel aan despote en ander vorme van swak wetstoepassing.  "Tradisie" is vir sommige mense ook 'n frons-woord.  Mens gaan immers nie oor tradisie kerk toe nie en bely ook nie geloof in die openbaar bloot omdat dit 'n tradisie is nie.

 

Is tradisie altyd sleg?  Iewers het iemand 'n saak daarvoor uitgemaak dat tradisie altyd met ons is - wanneer ons een tradisie weggooi word dit mettertyd met 'n ander tradisie vervang.  Tradisie het ook 'n mooi kant.  Dis nou wanneer gesinne 'n tradisie het om aandete saam te geniet en te gesels oor die afgelope dag of wanneer 'n oupa vir elkeen van sy kleinkinders 'n goeie horlosie koop as hulle Gr 12 geslaag het.

 

'n Goeie tradisie kan ook wees om op 'n Sondag 'n erediens by te woon - as 'n gesin.  Soms sal die tieners kies om nie altyd by hulle "verstokte"ouers te sit nie, maar ons is saam in dieselfde erediens.  Alle eredienste gaan ook nie vir alle bywoners dieselfde betekenis inhou nie.  Maak dit dat erediensbywoning 'n slegte tradisie is?  Beslis nie!

 

Goeie tradisies, wat nie verslawend is nie, is deel van mens-wees.  Dit verskaf aan ons identiteit.  Deel van ons identiteit is dat Christene iewers op 'n Sondag saam aanbid.  Dis mos nou 'n mooi en betekenisvolle tradisie.

 

Groete,  Peet Crous

Views: 4

Tags: predikante

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van NG Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

Join NG Lynnwood Gemeente

© 2012   Created by NGL Admin.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service