Liewe lidmate

Ai! Die afgelope paar weke sukkel ek baie om wintersiektes afgeskud te kry - griep / brongitis, noem dit en ek het dit of het dit gehad. Sonde kan min of meer dieselfde rol in ons lewe speel. Die groot verskil is dat ek bitter graag die wintersiektes sal wil los, maar hulle nie vir my nie. Met sonde werk dit effens anders om: dis ons wat hardnekkig daaraan vashou.

Sommige van ons klou ewe lewenslustig aan hoogmoed - ek kom darem sonder 'n hele klompie sonde klaar en is effens beter daaraan toe as my buurman. Ander sukkel weer om 'n slegte verhouding te laat staan; ons kan so verhouding selfs koester.

Met al die wintersiektes het ek 'n oorvloed raad ontvang. Sommige was sinvol en ander sommer gewone boere-bog. Die beste raad wat mens oor sonde kan ontvang, is om oorgegewe te leef. Dis nou aan God oorgegewe. Vra die Here om daardie klouende sonde te verwyder: so ver soos die ooste van die weste.

Na die vakansie praat ons weer.

Liefde groete

Peet van Pretoria

Views: 76

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Lynnwood Gemeente om kommentaar te lewer!

© 2021   Created by NGL Admin.   Powered by

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service